Twee Suid-Afrikaners in Britte se span van die dekade

Bryan Habana. Argieffoto.

Die Britte hou daarvan om hul kruisies by die een of ander stemlokaal te trek en nou het hulle vir twee Suid-Afrikaners in Sky Sports se rugbyspan van die dekade gestem.

Ondersteuners kon hul gunstelingspeler uit vier internasionale kandidate per posisie kies en uiteindelik het Bryan Habana (vleuel) en Tendai Mtawarari (stut) die meeste stemme in hul betrokke posisies verwerf.

Die Britte het snaaks genoeg nege All Blacks – Israel Dagg, Ben Smith, Ma’a Nonu, Dan Carter, Aaron Smith, Kieran Read, Richie McCaw, Brodie Retallick en Dan Coles – in hul beginvyftiental, terwyl daar nie ’n enkele Engelsman in die span is nie.

Beast Mtawarir. (Foto: GB Jordaan)

Habana het 64% van die stemme vir die linkervleuelpos verwerf. Julian Savea is volgens die Britte die naasbeste linkervleuel; hy het 26% van die stemme verower.

Die kontroversiële dog briljante Australiese heelagter, Israel Folau, was nie eens op die kandidatelys nie. Die All Blacks se Israel Dagg is as die span se heelagter aangewys, nadat 34% van die kiesers vir hom gestem het.

Sky Sports se span van die dekade: Israel Dagg (Nieu-Seeland, heelagter), Ben Smith (Nieu-Seeland, regtervleuel), Brian O’ Driscoll (Ierland, buitesenter), Ma’a Nonu (Nieu-Seeland, binnesenter), Bryan Habana (Suid-Afrika, linkervleuel), Dan Carter (Nieu-Seeland, losskakel), Aaron Smith (Nieu-Seeland, skrumskakel), Kieran Read (Nieu-Seeland, agtsteman), Richie McCaw (Nieu-Seeland, flank), David Pocock (Australië, flank), Alun Wyn Jones (Wallis, slot), Brodie Retallick (Nieu-Seeland, slot), Tadhg Furlong (Ierland, stut), Dane Coles (Nieu-Seeland, haker) en Tendai Mtawarira (Suid-Afrika, stut).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Krisjan ·

As die Engelse media span kies moet jy maar weet – vat dit als met ‘n knippie sout. Nie juis ‘n probleem met Beast nie, maar Habana bo Savea? Komaan!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.