Varsitybeker: spanne sal vroeg kleim wil afsteek

splash-10jaarDie 2017-Varsitybekerreeks skop Maandagaand in sy tiende jaar af met ʼn toernooi wat die eerste keer nege spanne in die rondomtalieronde sal hê.

Wits is gepromoveer sonder dat die onderste span, die Ikeys, moes uitspeel om hul plek te behou na ʼn segelose 2016-reeks.

Kan Wits met groot honde saamgesels?

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) kom Maandagmiddag in die eerste wedstryd van die 2017-toernooi teen die voormalige kampioen, die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas), in die Wits-stadion in Johannesburg te staan.

Wits, wat die twee laaste jaar die Skild-kompetisie oorheers het en weer terug is in die Bekerreeks, sal wil wys dat hulle saam met die groot honde kan blaf.

Vir die Shimlas, daarenteen, is dit ewe belangrik – en  nodig – om hulle seisoen op ’n hoogtepunt af te skop nadat hulle verlede seisoen teen die einde uitgesak het.

Die Johannesburgers se kaptein en losskakel,  Warren Gilbert, is ’n ervare speler wat nie net die spelers aan sy buitekant van gehalte bal sal moet voorsien nie, maar ook sal moet seker maak sy spanmaats bly koelkop.

Die Shimlas, wat deur die binnesenter Stephan Janse Van Rensburg aangevoer word, sal self staatmaak op spelers soos die kantman, Daniel Maartens en die vleuel Marco Mason wat ervaring van dié kompetisie het.

Die spanne is-

Wits: 15. Lux Ntsepe, 14.Kwanele Ngema 13.Josh Jarvis, 12. AJ van Blerk, 11.Jarred Branco, 10. Warren Gilbert (kapt.), 9. Ruan Cloete, 8. Jethro de Lange, 7. Mike Renwick, 6. Ruan Macdonald, 5. Rhyno Herbst, 4. Graham Logan, 3. Luvuyo Pupuma, 2. CJ Conradie, 1. CJ Greeff. Bank: 16. Justin Brandon, 17. Ameer Williams, 18. Pascal Snyman, 19. Chris Worthington, 20. Wolta Mtsweni, 21. Brandan Hewitt, 22. Themba Mpemvu, 23. Brandon Palmer.

Shimlas: 15. Sechaba Motsoela, 14. Marco Mason, 13. Carel-Jan Coetzee, 12. Stephan Janse Van Rensburg (kapt.), 11. Vuyani Maqina, 10. Niell Stannard, 9. Dian Badenhorst, 8. Bernadus Erasmus, 7. Phumzile Maqondwana, 6. Daniel Maartens, 5. Neil Claassen, 4. Nicolaas Immelman, 3. Ruan Kramer, 2. Hanno Snyman, 1. Kwenzokuhle Blose. Bank: 16. Francois Steyn, 17. Johan Kotze, 18. Raymond Woest, 19. Musa Mahlesa, 20. Rewan Kruger, 21. Lihleli Xoli, 22. Nicholas Naude, 23. Thabiso Msiza.

Afskop: 16:45 (Regstreeks op SuperSport 1.)

Gosa kan Pukke se troefkaart wees

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) speel Maandag gasheer vir die 2016-kampioen, die NWU-Puk, in die UJ-stadion.

Verlede jaar het die einste NWU-Pukke die UJ se aanspraak op die titel in die halfeindstryd in Johannesburg beëindig.

Die UJ het verskeie opwindende spelers soos die vleuel Aphiwe Dyanti, wat sal hoop om genoeg van die bal te siene te kry. Hy ken die pad doellyn toe.

In Potchefstroom is daar opgewondenheid oor die senter, Elden Schoeman, wat verlede jaar in die nasionale o.21-kompetisie die drieë ingeryg het. Daarby kan die aanwins van Grens, die heelagter Lungelo Gosa, maklik ’n gunsteling van toeskouers word met sy dartellopies.

Die Pukke se agterlyn het net een speler, die senter Henko Marais, in wat verlede jaar in die eindstryd teen die Maties gespeel en gewen het.

Die spanne is-

UJ: 15. Ronald Brown, 14. Tyreeq February, 13. Godfrey Ramaboea, 12. Jaco Fourie, 11. Aphiwe Dyanti, 10. Divan Nel, 9. Johan Esterhuizen, 8. Jo-Hanko de Villiers, 7. Adrian Bester, 6. Wian Conradie, 5. Estian Enslin, 4. Kyle van Dalen, 3. Nico du Plessis, 2. Johannes Snyman (kapt.), 1. Dillon Bakos. Bank: 16. Emmanuel Morowane, 17. Gela Khanya, 18. Reinhaard Nothnagel, 19. Leon Massyn, 20. Hilton Mudraki, 21. Ewan Adams, 22. Peter John Walters, 23. Sarel Smit.

nuw-pukke-logo-cropNWU-Pukke: 15. Lungelo Gosa, 14. Jimmy Mpailane, 13. Elden Schoeman, 12. Henko Marais, 11. Tapiwe Mafura, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Jeandré Rudolph (kapt.), 7. Marno Redelinghuys, 6. Wandile Mazibuko, 5. Loftus Morrison, 4. Walt Steenkamp, 3. Dewald Dekker, 2. Wilmar Arnoldi, 1. Dolf van Deventer. Bank: 16. Louis van der Westhuizen, 17. Nico van Tonder, 18. Morné Strydom, 19. Boela Venter, 20. Marcel Henn, 21. Caleb Louw, 22. AK Nela, 23. Justin Newman.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport 1.) 

Maties sal eerste hou wil inkry

Die Universiteit Stellenbosch (Maties)  begin hulle aanslag teen die Universiteit van Pretoria (Tuks) op Loftus Versveld in Pretoria.

Die Maties sal graag hulle seisoen op ’n hoë noot wil begin nadat hulle verlede jaar in die eindstryd in beseringstyd teen die NWU-Pukke verloor het.

Slaag spelers soos die lostrio van Devon Nash, Kobus van Dyk en die kaptein Beyers de Villiers daarin om die stryd om die losbal te wen, kan die losskakel Ernst Stapelberg amok agterlangs maak met verskeie opwindende spelers soos die heelagter Craig Barr en die vleuel Duncan Saal aan sy buitekant.

Maar Tuks sal hulle nie soos ’n lam ter slagting laat lei nie. Spelers soos die heelagter Divan Rossouw kan self die gang van ’n wedstryd verander. Voorlangs is die kaptein en flank, Ruan Steenkamp ’n klipharde speler wat nie ’n tree vir die Stellenbossers sal terugdeins nie.

Die spanne is-

Tuks: 15. Divan Rossouw, 14. Dewald Naude, 13. Toko Maebane, 12. Impi Visser, 11. Keanan van Wyk, 10. Tinus de Beer, 9. Theo Maree, 8. Chris Massyn, 7. Marco van Staden, 6. Ruan Steenkamp (kapt.), 5. Eli Snyman, 4. Aston Fortuin, 3. Neethling Fouche, 2. Jan-Henning Campher, 1. Andrew Beerwinkel. Bank: 16. Theuns Reynolds, 17. Jaco Holtzhausen, 18. Brian Leitch, 19. Eduan Lubbe, 20. Raegen Oranje, 21. Christo Hamman, 22. Mervano da Silva, 23. Franco van den Berg.

Maties: 15. Craig Barr, 14. Duncan Saal, 13. Kyle Steyn, 12. Braam Venter, 11. Edwill van der Merwe, 10. Ernst Stapelberg, 9. Paul de Wet, 8. Devon Nash, 7. Kobus van Dyk, 6. Beyers de Villiers (kapt.), 5. Johan Momsen, 4. Ernst van Rhyn, 3. Jacobus van der Merwe, 2. Freddie Kirsten 1. Wesley Adonis. Bank: 16. Craig Corbett, 17. Niel Oelofse, 18. Janco Venter, 19. Mitchell Carstens, 20. Logan Boonzaaier, 21. Chris Smith, 22. Ryan Muller, 23. Wikus Groenewald.

Afskop: 19:00.

Sien ons weer die ou Ikeyspan in 2017?

Die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) kom Maandagaand in die Tygerberg-stadion teen die Nelson Mandela Metropolitaanse-Universiteit (Madibaz) te staan.

Ikeys, wat vanjaar deur Christiaan Esterhuizen afgerig word, sal wil wys hulle het verlede jaar se nagmerrieseisoen, toe hulle laaste geëindig het, agter hulle gesit.

Madibaz aan die ander kant moet wys dat, hoewel hulle vanjaar geen tuiswedstryde weens restourasie aan hulle stadion speel nie, dít nie hulle lot gaan bepaal nie.

Die spanne is-

Ikeys: 15. Rob Anderson, 14. Seb Roodt, 13. Suwi Chibale, 12. Rico Lategan, 11. Joel Smith, 10. Lohan Lube, 9. Stef de Gouveia, 8. Nyasha Tarusenga, 7. Luke Stringer, 6. Jason Klaassen (kapt.), 5. Duncan Saffy, 4. Gary Porter, 3. Michael Kumbirai, 2. Cuan Hablutzel, 1. Waryin Losper. Bank: 16. Msizi Zondi, 17. Marty Chandler, 18. Lee-Marvin Mazebuko, 19. Nama Xaba, 20. Sanele Malwane, 21. Hilio de Abreu, 22. Ibbie Adams, 23. Jez Mcintyre.

Madibaz: 15. Lindelwe Zungu, 14. Ivan-John du Preez, 13. Siphumelele Msutwana, 12. Andile Jho, 11. Jixie Molapo, 10. Simon Bolze, 9. Lovu Claassen, 8. Kevin Kaba (kapt.), 7. Lusanda Badiyana, 6. Stephanus Nieuwoudt, 5. Gerrit Huisamen, 4. Wynand Grassmann, 3. Nicolas Roebeck, 2. JP Jamieson, 1. Xandre Vos. Bank: 16. Jedwin Harty, 17. Tembelihle, 18. Janse Roux, 19. Henry Brown, 20. Rouche Nel, 21. Thomas Kean, 22. Luan Nieuwoudt, 23. Daniel Voigt.

Afskop: 18:30.

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.