Vier Bokke op sterk Sharks se bank

Robert du Preez – een seun draf op, een is op die bank en een is beseer ( Foto: varsitycup.co.za)

Sy een seun is nie in die beginspan nie, die ander vervang ʼn Springbok en die derde is beseer.

Ja, dít is soos dit met die drie seuns van Robert du Preez, afrigter van die Sharks, staan ná Donderdag se spanaankondiging vir die Sharks se wedstryd Saterdag teen die Lions op Ellispark.

ʼn Kenmerk van die span is sy sterk bank, waar vier Springbokke op speelkans sal wag.

Een van hulle is Curwin Bosch wat verlede jaar as die Sharks se nommer twee-losskakel geag is nadat Pat Lambie seergekry en toe oorsee is. Bosch word deur Robert du Preez jnr. vervang, wat van die Stormers af na Durban verhuis het.

Sy Springbokbroer, Dan, sit op die bank met nóg ʼn Boklosvoorspeler, Keegan Daniel, wat as agsteman opdraf. Dan se Springbok-tweelingbroer, Jean-Luc, is beseer.

Dan is die Springbokke se voorkeurloskop, Beast Mtawarira, ook op die bank. Hy moet vir die jong Juan Schoeman terugstaan.

Die Springbokskrumskakel Louis Schreuder, is beseer en word deur Cameron Wright vervang. Die Springbok Michael Claassen is ook op die bank.

Makazole Mapimpi, wat die afgelope twee jaar groot vooruitgang gemaak het en in die Pro14 vir die Cheetahs die voorste driedrukker was toe hy onlangs Durban toe verhuis het, kry sy eerste speelkans vir die Sharks. Die Sharks se diepte word beklemtoon deur die keuse van die sterk vleuel Kobus van Wyk op die bank.

Die Sharksspan –

15 Lwazi Mvovo, 14 Sbu Nkosi, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Makazole Mapimpi, 10 Robert du Preez, 9 Cameron Wright, 8 Keegan Daniel, 7 Jacques Vermeulen, 6 Philip van der Walt, 5 Stephan Lewies, 4 Ruan Botha (kapt.), 3 Thomas du Toit, 2 Franco Marais, 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 John-Hubert Meyer, 18 Tendai Mtawarira, 19 Hyron Andrews, 20 Daniel du Preez, 21 Michael Claassens, 22 Curwin Bosch, 23 Kobus van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Daar het ‘n siekte onder rugbyliefhebbers in Suid Afrika posgevat en dit is die siekte van Provinsialisme,wat nie verwar moet word met Provinsialisme van toeka se dae nie.
Daar was dae dat die Rand tot en met die jare 80 ‘n sterker geldeenheid as die Amerikaanse dollar was.

Dit was die dae van kontinuïteit in Provinsiale spanne.’n Transvaal span sonder Jan Ellis (gebore 1942 in Brakpan) was ondenkbaar

Vandat rugby ‘n werk geword het,en die Rand verswak het teen die vernaamste geldeenhede,skuif spelers makliker rond op soek na beter vergoeding.

Dit maak egter nie Suid Afrikaanse rugby beter nie,want die verskuiwing gaan meesal gepaard met verswakking van die spanne wat die spelers verlaat.

So is die Kings en Cheetahs sonder Mapimpi,’n swakker span.Dit mag die Sharks versterk maar nie Suid Afrikaanse rugby nie.

As spanne werklik kompeterend op enige vlak wil wees moet dit wees teen spanne van gelyke sterkte,wat die beste uit spelers na vore bring.

Die Crusaders is in die gelukkige posisie dat beide hul voerspanne in die Mitre-cup se finaal was.Dit is iets wat nie gesê kan word van die afgewaterde Curriebekerkompetisie nie.

Daar moet tog iemand wees wat met innoverende idees Suid Afrikaanse rugby van onder tot bou kan regruk en die oogklappe van
fanatiese ondersteuners van die huidige kan verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.