- Die Wêreldkampioen Justin Gatlin het hom aangesluit by ʼn lys van top-atlete wat aan Atletiek se Grand Prix-reeks in Suid-Afrika gaan deelneem. Gatlin, die 2017 Wêreld 100 m-kampioen en die vyfde vinnigste atleet in die 100 m en 200 m, sal op 8 Maart in Pretoria in die blokke sak vir die 150 m-wedloop. Dit sal tydens die tweede byeenkoms in die reeks van drie byeenkomste wees.
Krieket
- Die Vierde Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word môre op die Wanderers in Johannesburg gespeel. Dié wedstryd, wat as die Pienk-stryd bekend staan, begin om 13:00. Indië loop met 3-0 voor in die reeks van ses wedstryde.
- Die tweede toets tussen Sri-Lanka en Bangladesj word in Mirpur gespeel.
Sri-Lanka 222
Bangladesj 56/4 (22 bb)
Bangladesj is 166 lopies agter met 6 paaltjies staande in die eerste beurt.
- Die eerste Eendagwedstryd tussen Afganistan en Zimbabwe word vandag in Sharjah gespeel.
- In die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks het daar gister drie wedstryde begin.
Oos Londen
Warriors 193
Lions 77/3 (32 bb)
Lions is 116 lopies agter met 7 paaltjies staande.
Bloemfontein
Knights 400/6 (97 bb)
Dolphins
Benoni
Cape Cobras 272/5 (74 bb)
Titans
Rugby
- Die Sesnasies-kompetisie se bepalings vir die naweek lyk só:
Saterdag 10 | Ierland | v | Italië | Aviva-stadion | 16:15 | |
10 | Engeland | v | Wallis | Twickenham | 18:45 | |
Sondag 11 | Skotland | v | Frankryk | BT Murrayfield | 17:00 |
- In die Pro14-kompetsie word daar hierdie naweek sewe wedstryde gespeel:
Vandag 9 | Connacht | v | Ospreys | Sportsground | 21:35 | |
9 | Ulster | v | Kings | Kingspan-stadion | 21:35 | |
9 | Newport Gwent Dragons | v | Glasgow Warriors | Rodney Parade | 21:35 | |
9 | Edinburgh | v | Leinster | Myreside | 21:35 | |
Môre 10 | Cardiff Blues | v | Cheetahs | Cardiff Arms-park | 21:35 | |
10 | Munster | v | Zebre | Thomond-park | 21:35 | |
Sondag 11 | Benetton | v | Scarlets | Stadio Comunale di Monigo | 15:05 |
Gholf
- In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde van die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië voltooi.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Kevin Streelman | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |||
Beau Hossler | -7 | F | -7 | 65 | 65 | ||||
3 | Matt Kuchar | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |||
Aaron Wise | -6 | F | -6 | 65 | 65 | ||||
Julian Suri | -6 | F | -6 | 66 | 66 | ||||
16 | Tyrone Van Aswegen | -4 | F | -4 | 67 | 67 | |||
Branden Grace | -4 | F | -4 | 68 | 68 |
- In Australië het die spelers vanoggend in die tweede ronde van die Wêreld Super6-toernooi in Perth afgeslaan. Brett Rumford is die voorloper op -8 met Lee Westwood tweede op -6. Zander Lombard is op -4.
- Op plaaslike bodem is die Eye of Africa PGA Kampioenskap se eerste ronde gister voltooi.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Chris Lloyd | -8 | F | -8 | 64 | 64 | |||
Combrinck Smit | -8 | F | -8 | 64 | 64 | ||||
3 | Martin Rohwer | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |||
Louis de Jager | -6 | F | -6 | 66 | 66 | ||||
5 | Jaco Ahlers | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |||
Tjaart van der Walt | -5 | F | -5 | 67 | 67 |
- Die Kaapstad Vroue Ope is gister afgehandel. Lee-Anne Pace het na ʼn valbylstryd eerste geëindig.
1 | Lee-Anne Pace | RSA | -8 |
2 | Anne-Lise Caudal | FRA | -8 |
3 | Nicole Garcia | RSA | -7 |
4 | Stacy Bregman | RSA | -6 |
Olimpiese Spele
- Die IOK se president, Thomas Bach, het gister gesê dat die Olimpiese Spele reeds so vroeg as 2032 in Afrika aangebied kan word. Die IOK het planne goedgekeur om te kyk of die 2022 Olimpiese Jeug-spele in Afrika aangebied kan word.
Fietsry
- Span Dimension Data vir Qhubeka se Mark Cavendish het skof drie van die Dubai-toer in ʼn naelrit na die wenpaal gewen. Nacer Bouhanni was tweede en Marcel Kittel derde.
Sokker
- In die Engelse Premier-liga lyk môre se wedstryde só:
Tottenham Hotspur | v | Arsenal | Wembley-stadion | 14:30 |
Everton | v | Crystal Palace | Goodison-park | 17:00 |
Stoke City | v | Brighton & Hove Albion | Bet365- stadion | 17:00 |
Swansea City | v | Burnley | Liberty stadion | 17:00 |
West Ham United | v | Watford | London-stadion | 17:00 |
Manchester City | v | Leicester City | Etihadstadion | 19:30 |
- In die Nedbank-beker word een wedstryd vanaand gespeel.
Vandag
Cape Town All Stars | v | Mamelodi Sundowns | Athlone-stadion | 20:00 |
Môre
Swallows FC | v | Maritzburg United | Dobsonville-stadion | 15:30 |
Steenberg United | v | Orbit College | Parow-park | 15:30 |
Phiva Young Stars | v | Chippa United | Kabokweni-stadion | 15:30 |
Orlando Pirates | v | Ajax Cape Town | Orlando-stadion | 20:15 |
Super Eagles | v | Free State Stars | Goble-park | 20:15 |