- Die eerste twee wedstryde van die naweek word reeds môre gespeel.
4 | Chiefs | v | Jaguares | Rotorua International Stadion | 09:35 |
4 | Rebels | v | Crusaders | AAMI Park | 11:45 |
5 | Hurricanes | v | Lions | Westpac Stadion | 09:35 |
5 | Waratahs | v | Blues | Brookvale Oval | 11:45 |
5 | Stormers | v | Bulls | DHL Nuweland | 15:05 |
5 | Sharks | v | Highlanders | Jonsson Kings Park Stadion | 17:15 |
- Glen Jackson van Nieu-Seeland sal die fluitjie hanteer in die kragmeting tussen die Stormers en Bulls.
- André Warner, ʼn voormalige WP-o.21-speler, sal Saterdag vir die Bulls teen die Stormers op skrumskakel uitdraf. Warner speel in die plek van Ivan van Zyl, wat op die bank sal wees.
Pro14
- Die Cheetahs speel Saterdag in ʼn kwalifiseringswedstryd teen die verdedigende kampioene, die Scarlets, vir ʼn plek in die Pro14-halfeind. Die wenspan sal op 18 Mei teen die Glasgow Warriors te staan kom.
Gholf
- Die fokus in Amerika val die week op die Wells Fargo-kampioenskap in
Charlotte, Noord-Carolina. Sewe Suid-Afrikaners sal in aksie wees wat insluit: Retief Goosen, Charl Schwartzel, Ernie Els, Louis Oosthuizen en Dylan Frittelli.
- In die Europese reeks sal Haydn Porteous en George Coetzee Suid-Afrika verteenwoordig in die Gholf-sesse in Engeland. Sestien spanne sal aan die putjiespel oor ses putjies per wedstryd deelneem. Daar is ook vrouespanne wat deelneem.
Motorwedrenne
- Die vierde Moto GP van die seisoen word Sondag in Spanje gejaag. Net vyf punte skei die voorste drie renjaers.
Pos | Renjaer | Span | Pte |
1 | Andrea Dovizioso | Ducati | 46 |
2 | Marc Marquez | Repsol Honda | 45 |
3 | Maverick Vinales | Yamaha | 41 |
4 | Cal Crutchlow | LCR Honda | 38 |
5 | Johann Zarco | Tech 3 | 38 |
Krieket
- Engeland het Indië onttroon as die voorste eendagspan in die wêreld. Suid-Afrika is nou derde op die IKR se eendag-ranglys.
1 Engeland 125
2 Indië 122
3 Suid-Afrika 113
4 Nieu-Seeland 112
5 Australië 104
6 Pakistan 102
- In T20 is Pakistan eerste op die wêreldranglys met Suid-Afrika sesde.
- Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga
Delhi Daredevils 196/6
Rajasthan Royals 146/5
Daredevils wen met 4 lopies (D/L-metode)
Vandag word een wedstryd afgehandel.
3 | Kolkata Knight Riders | v | Chennai Super Kings | Kolkata | 16:30 |
4 | Kings XI Punjab | v | Mumbai Indians | Stadium, Indore | 16:30 |
5 | Chennai Super Kings | v | Royal Challengers Bangalore | Pune | 12:30 |
5 | Sunrisers Hyderabad | v | Delhi Daredevils | Hyderabad | 16:30 |
Tennis
- By die Estoril Ope in Portugal sal Suid-Afrika se (1) Kevin Anderson vandag teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan kom. Die tweede gekeurde Pablo Carreño Busta sal op sy beurt sake uitspook teen Nicolas Kicker.
Hokkie
- Die Varsitybeker van 2018 begin môre by die veld van Wits. In die eerste wedstryd speel Tuks om 13:30 teen UJ. Die Pukke en Kovsies sal om 15:15 kragte meet waarna die wedstryd tussen die Madibaz en Maties om 17:00 begin. In die laaste wedstryd sal Wits en UCT swaarde kruis.
Sokker
- In Eufa se Kampioeneliga is die ander tweedebeen-halfeindstryd gisteraand gespeel.
- Roma en Liverpool het kragte gemeet en Roma het met 4-2 gewen. Liverpool is egter deur na die eindstryd met ʼn saamgestelde oorwinning van 7-6.
- Real Madrid het eergister reeds die eindstryd bereik.
- In Engeland se Premierliga word môre een wedstryd gespeel. Brighton & Hove Albion kom om 21:00 teen Manchester United te staan.