Vandag se sportnuus

Garth April. Argieffoto.

Rugby:

  • Die voormalige losskakel van die Haaie, Garth April, is in die Sunwolves se Superrugby-groep vir 2020 opgeneem.

Die 28-jarige het die afgelope ruk sy rugby in Japan gespeel nadat hy in 2016 deel van Allister Coetzee se Springbok-groep was.

Sunwolves-groep: Sione Asi, Jarred Adams, Leni Apasai, Jaba Bregvadze, Ben Hyne, Tom Rowe, Brendon O’Connor, Mitch Jacobson, Jake Schatz, Onehunga Kaufusi, Naoto Saito, Garth April, Jordan Jackson-Hope, Ben Te’o, Siosaia Fifita.

  • Die SA o. 19-span vertrek vandag na Georgië waar hulle twee wedstryde teen die gasheerland sal speel.

Die kragmetings vind op 2 en 5 Desember plaas en die jong Bokke word deur Chean Roux afgerig.

Krieket:

  • Ryan ten Doeschate sal vir Farhaan Behardien in die Nelson Mandela Bay Giants-groep vervang. Behardien is vir die res van die reeks op die krukkelys nadat hy ’n besering ná slegs twee wedstryde vir die Giants opgedoen het.

Ten Doeschate, wat in Suid-Afrika gebore is, speel sy internasionale krieket vir Nederland en was onder andere een van Essex se graafskapsterre.

Die Giants speel vanmiddag om 17:30 teen Faf du Plessis se Paarl Rocks op St George’s Park in Port Elizabeth.

Branderplankry:

  • Suid-Afrika se Tyra Buncombe het ’n goue medalje op haar roeiplank (paddle board) by die Wêreldkampioenskap in El Salvador gewen.

Buncombe was oor eerste oor die wenstreep ná ’n resies van 18 kilometer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.