Vandag se sportnuus

(AP Photo/Peter Dejong).

F1:

  • Te midde van die Covid-19-pandemie is die F1-wedrenne in Nederland, Spanje en Monaco ook uitgestel.

Die wedrenne in onder andere Australië en China het reeds in die slag gebly, met die gevolg dat die seisoen nou dalk amptelik eers in Junie kan begin. Dit is die eerste keer sedert 1954 dat daar nie deur Monaco se strate gejaag sal word nie.

Renjaers soos Mercedes se Lewis Hamilton het die besluit verwelkom.

“Dit is die regte besluit, veral wat almal se gesondheid betref. Ons sal beslis weer rondjaag wanneer dit veilig is om dit te doen,” het hy op Twitter geskryf.

Sokker:

  • Die Engelse Premierliga is tot 30 April uitgestel.

Verskeie spelers is reeds by liefdadigheidsinisiatiewe betrokke. Die voormalige Manchester United-sterre Gary Neville en Ryan Giggs het gratis verblyf in hul hotelle vir mediese personeel beloof, terwyl Paul Pogba finansiële skenkings gedoen het.

  • Op tuisbodem het die plaaslike sokkerbase gesê dat hulle die 2019-’20-sokkerseisoen teen 30 Junie wil finaliseer, maar dat hulle buigsaam sal wees wat die vinnig veranderende situasie betref.

Rugby:

  • Vir die eerste keer in 36 jaar sal die St Stithians-Paastoernooi nie plaasvind nie.

Die toernooi sou op 9 April begin het en spogskole soos Bishops, Michaelhouse, Maritzburg College en Grey High sou in aksie gewees het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.