Sewesrugby
Die Parys-toernooi is die naweek gespeel. Die Blitsbokke het nie net die toernooi gewen nie, maar is ook as die Wêreldkampioen gekroon.
In die kwarteind het ons met Samoa klaargespeel en met 12-0 geseëvier. Daarna het ons die halfeind teen Nieu-Seeland gemaklik met 26-5 gewen, en toe in die eindstryd met Skotland afgereken deur met 15-5 te seëvier. Met die oorwinning het die Blitsbokke seker gemaak die span word as die kampioen van die 2017-reeks gekroon.
Superrugby
Kom ons loer na die naweek se uitslae:
Gholf
Die Spelerskampioenskap is vanoggend in Florida afgehandel.
In die Europese Gholfreeks het die Portugese Ope gister geëindig.
Motorwedrenne
Die Spaanse Formule Een Grand Prix is gister gejaag.
Tennis
By die Madrid Ope het Rafael Nadal vir Dominic Thiem in die eindstryd met 7-6 en 6-4 geklop. Saterdag het Simona Halep die Vrouekroon verower.
Fietsry
Die Toer van Italië se negende skof is gister afgehandel.
- Nairo Quintana (Colombia / Movistar) 3:44:51
2. Thibaut Pinot (Frankryk / FDJ) +24 sek
3. Tom Dumoulin (Nederland / Sunweb)
22. Jacques Janse van Rensburg (Suid-Afrika / Dimension Data) +4:38 sek
Algeheel:
- Nairo Quintana (Colombia / Movistar) 42:06:09
- Thibaut Pinot (France / FDJ) +28 sek
- Tom Dumoulin (Nederland / Sunweb) +30 sek
Toetskrieket
Die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Pakistan het gister geëindig. Die toets is met 101 lopies deur Pakistan gewen. Daarmee wen hulle ook die reeks met 2-1.
IPL-krieket
Gister is daar twee wedstryde gespeel:
- Die Delhi Daredevils het met 10 lopies verloor teen die Royal Challengers Bangalore.
- Die Rising Pune Supergiant het op hul beurt met die Kings XI Punjab afgereken en met 9 paaltjies gewen.
Vrouekrieket
Suid-Afrika speel vandag teen Zimbawe in die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom. Die Proteas het reeds twee wedstryde gewen en een verloor.
Hokkie
Die tweede ronde van die Varsityhokkie-reeks is die naweek op Potchefstroom gespeel. Van die uitslae sluit in dat Kovsies die Madibaz met 3-2 geklop het. Pukke reken af met Kovsies. Die telling was 11-4.
Sokker
In die Engelse Premierliga het Chelsea Vrydag teen West Bromwich Albion gespeel. Chelsea is as kampioen gekroon ná hul oorwinning van 1-0.
Gister se uitslae lyk só: