Vandag se sportnuus

Solo Nqweni. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Solo Nqweni is een van die dapperste krieketspelers ter wêreld. Die 26-jarige en veelsydige speler van Grey High het in 2012 vir die nasionale o.19-span gespeel en het later deel van die Warriors-opset geword.

Maar terwyl hy klubkrieket in Brittanje vir Aberdeenshire gespeel het, is hy met Guillan-Barré-sindroom – ’n toestand waar jou imuunstelsel jou senuweestelsel aanval – gediagnoseer.

Hy was vir vier weke in ’n koma terwyl ’n masjien hom gehelp het om asem te haal. Hy het egter voldoende herstel om weer na Suid-Afrika terug te keer.

’n Geldinsamelingsprojek is van stapel gestuur en £80 000 is ingesamel om sy mediese koste en vervoer terug na sy geboorteland te dek.

Nqweni het egter gister op Twitter aangekondig dat hy ook positief vir Covid-19 getoets het.

“Verlede jaar is ek met GBS gediagnoseer en veg al vir tien maande teen die siekte; ek is nog  kwalik op die herstelpad. Ek het TB, terwyl ek lewer- en nierversaking het. Vandag het ek positief vir Covid-19 getoets. Ek weet nie waarom al hierdie dinge met my gebeur nie,” het hy op Twitter geskryf.

Volgens Cricinfo is Nqweni die derde krieketspeler wat positief getoets het vir Covid-19. Pakistan se Zafar Sarfraz en Skotland se Majid Haq het vroeër ook positief getoets.

Gholf:

  • Tiger Woods en Phil Mickelson sal in ’n liefdadigheidswedstryd saam met Tom Brady en Peyton Manning (Amerikaanse voetbalsterre) te siene wees.

The Match: Champions for Charity is vir 24 Mei geskeduleer en sal na verwagting $10 miljoen vir die stryd teen Covid-19 insamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.