Vandag se sportnuus

Die Springbok Vasbyt-wedloop sorg jaarliks vir groot opwinding. Foto: Verskaf.

Padwedlope:

  • AfriForum bied vanjaar weer eens sy Springbok Vasbyt-wedloop aan en dit sal ten bate van die Voortrekkermonument wees.

Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie sal dit egter vanjaar ’n virtuele baadjie aantrek.

Deelnemers kan op 11 Julie tussen amptelike afstande van 5 km, 10 km of 25 km kies, maar volgens die organiseerders mag jy eintlik enige afstand aanpak.

Die herdenkingseremonie sal regstreeks op https://www.facebook.com/pete.vandermerwe uitgesaai word en jy kan die verrigtinge vanaf 07:00 volg.

Algemene inligting oor die wedloop:

Datum: 11 Julie 2020

Afstande: 5 km, 10 km, 25 km of net so ver as wat jy kan hardloop.

Plek: Net waar jy is, op jou eie roete.

Inskrywingsgeld: R100 per inskrywing. Aanlyn inskrywings kan by www.entrytime.co.za gedoen word.

Wegspringtyd: Webuitsending (07:00); herdenkingseremonie (07:20); wegspring (07:30).

Medaljes: Die unieke medaljes sal ná die afloop van die wedloop aan deelnemers gepos word. Dit is nou jou kans om een van dié spogmedaljes los te hardloop; hulle word normaalweg slegs aan 10 km- en 25 km-atlete toegeken.

Vir meer inligting rakende die wedloop, skakel 071 405 5588.

Rugby:

  • Bepalings vir die naweek se Aotearoa-wedstryde: Highlanders teen Crusaders (Saterdag om 09:05) en Chiefs teen Hurricanes (05:35).
  • Intussen word plaaslike rugby-aksie ook in Australië hervat. Die Reds sal Vrydag om 11:05 gasheer vir die Waratahs speel, terwyl die Brumbies en die Rebels Saterdag om 11:15 sal kragte meet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.