Die meeste teaterliefhebbers lig ʼn wenkbrou as hulle hoor dat Bobby van Jaarsveld die rol van die Bybelfiguur Josef in die nuwe teaterproduksie “Droomkind – die verhaal van Josef” vertolk. Maar die prentjie verander as ʼn mens agterkom die Bybelverhaal is vertaal na ʼn hedendaagse, Suid-Afrikaanse konteks waar Bobby die rol speel van Josef Wolmarans, die twaalfde en gunstelingseun van ʼn skaapboer in die Karoo.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Droomkind"
Video: Bybelverhaal kry nuwe baadjie in Droomkind
Bobby van Jaarsveld was verlede jaar te sien in die musiekblyspel Liefling en aanhangers kan nou uitsien na wanneer hy sy volgende verskyning op die verhoog maak as Josef in die produksie Droomkind.