Kristen Harris, eienaar van Designer Diva Consignment Boutique het ʼn pleidooi op Facebook gelewer nadat ʼn oorgewig tiener nie ʼn matriekafskeidrok kon kry nie, en in haar winkel se aantrekhokkie staan en huil het.
Lees meerAlles vir Vrydag 14 Maart 2014
Ondersoek ná vloer meegee
ʼn Ondersoek sal gedoen word nadat die vloer van Eyethu Fishing in Port Elizabeth Donderdagaand meegegee het.
Vloede: Geen rampgebiede nog verklaar nie
Die minister van samewerkende regering het Vrydag bevestig nie een van die nege provinsies is nog as ʼn rampgebied verklaar weens erge vloede die afgelope week nie.
“Reeva se dood is satan se skuld”
ʼn Pastoor het Vrydag gesê Oscar Pistorius kan nie blameer word vir die afsterwe van sy meisie, Reeva Steenkamp nie, en dat hy gebed nodig het.
Renate Barnard-saak: Oudio- en video-opname goedgekeur
Maroela Media se aansoek om video- en oudio-opnames te maak van Solidariteit se uiters belangrike regstellendeaksiesaak namens Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens is deur die konstitusionele hof se mediakomitee goedgekeur.
SAPD swyg oor Bekkersdal-voorval
Die polisie wou Vrydag nie kommentaar lewer oor berigte dat die ANC se BBP-veiligheidswagte met lewendige ammunisie op Bekkersdal-inwoners losgebrand het nie.
Vloede: 1 300 mense reeds in Limpopo gered
Ongeveer 1 300 mense is vandeesweek regoor Limpopo gered ná erge vloede in die gebied.
Video: Dalk die beste vliegtuigete ooit
Robertsons Spices het op 5 Maart passasiers op ‘n Kulula-vlug met ‘n heerlike maaltyd bederf.
Nuwe renosterstatistiek vir 2014 bekend gemaak
Die departement van omgewingsake het Vrydag bekend gemaak hoeveel renosters reeds sedert die begin van die jaar vir hul horings gestroop is.
Luister: Solidariteit se radio-advertensie oor regstelaksie
Die vakbond Solidariteit het vandag sy radio-advertensie bekend gestel. Die advertensie sal volgende week op verskeie radiostasies waaronder RSG en Jacaranda begin speel.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Polisie se brouwerk aangeval
Barry Roux SC, vir Oscar Pistorius, het Vrydag die polisie-ondersoek en geloofwaardigheid van kol. Giliam van Rensburg, voormalige bevelvoerder van die Boschkop-polisiestasie, aangeval.
Video: Bybelverhaal kry nuwe baadjie in Droomkind
Bobby van Jaarsveld was verlede jaar te sien in die musiekblyspel Liefling en aanhangers kan nou uitsien na wanneer hy sy volgende verskyning op die verhoog maak as Josef in die produksie Droomkind.
Oekraïne: Oorlog lyk al waarskynliker
Dit lyk opnuut of oorlogswolke oor die Oekraïne saampak na Rusland daarop aanspraak gemaak het dat dié land die “reg” het om (etniese) Russe in die Oekraïne te beskerm.
Bekkersdal: ANC met klippe bestook; SAPD brand los op inwoners
ANC-verteenwoordigers moes Donderdag by Bekkersdal in Johannesburg deur hul lyfwagte beskerm word omdat hulle met klippe bestook is.
Tweede damwal het nié gebreek by Thaba Monate
Die Thaba Monate-vakansieoord in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo het Vrydag ontken dat ʼn tweede dam by die oord gebreek het.
Noodfonds vir Limpopo-vloedslagoffers
Solidariteit Helpende Hand het ’n noodfonds op die been gebring vir Limpopo-inwoners wat deur die onlangse vloede geraak is, met spesifieke fokus op die inwoners van Bela-Bela en Lephalale.
Sakeman se “lyfwag” buit hom glo uit
ʼn Senior polisiebeampte het in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy glo geld van ʼn sakeman geëis het.
Gratis Afrikaanse speltoetser vir MS Office
ʼn Nuwe weergawe van WSpel is pas vrygestel met meer as 516 000 woorde in die woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie.
Munisipale webwerf ʼn grap
AfriForum doen ʼn beroep op die munisipale bestuurder van die Ga-Segonyana Munisipaliteit in Kuruman om hul kommunikasiekanale, spesifiek hulle webwerf, vir die publiek se onthalwe, reg te ruk.
Vier vas ná gewapende roof, moord by diamantmyn
Vier verdagtes is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die gewapende roof en moord op Riaan (Lappies) Labuschagne.