Al vier insittendes van ‘n helikopter wat van Engeland na Noord-Ierland onderweg was, is dood toe dit in die graafskap Northfolk neergestort het.
Alles vir Vrydag 14 Maart 2014
Eerste selfoon 30 jaar gelede verkoop
Die eerste draagbare selfoon, ‘n Motorola DynaTAC 8000X, is vandag presies 30 jaar gelede verkoop. In 2014 in randwaarde sou jy ongeveer R97 000 vir dié luuksheid moes opdok.
Video: Barry Roux kry sy eie liedjie
Die radiostasie 94.7 het ‘n kletsrymliedjie vir adv. Barry Roux, prokureur vir Oscar Pistorius, saamgestel.
Nog ʼn plaasmoord; polisie te moeg om patrollie te ry
AfriForum dien Vrydag nog ʼn klag by die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega in, nadat daar vanoggend nóg ʼn plaasmoord in die Cullinan-gebied, buite Pretoria plaasgevind het en die polisie boonop “te moeg is om patrollie te ry”.
Motoris sterf in Noordwes-vloede
ʼn Motoris is dood en twee ander mense gered ná vloede in Mogwase in Noordwes.
Video: Hy wil kansel toe stap
‘n Man wat eens op ‘n tyd gedink het hy sal nooit weer kan loop nie, staan nou letterlik op die drumpel van ‘n nuwe lewe. Andrew Merryweather is in ‘n rolstoel sedert hy ‘n paar jaar gelede aangerand is.
Video: Regering verklaar oorlog teen servikskanker
Servikskanker eis jaarliks die lewens van ongeveer 3 500 Suid-Afrikaners. Die regering het nou oorlog verklaar teen die menslike papilloomvirus, die virus wat grootliks dié soort kanker veroorsaak.
Nuuskommentaar: Beginsellose verkiesing?
“Beginsels is tog veronderstel om die hoofrede te wees oor waar kiesers hul kruisies gaan trek. Kan ‘n party se beleid sonder beginsels hoegenaamd ‘n beleid genoem word?” wil Herman Toerien weet.
86 beseer toe vloer in PE meegee
Meer as 80 werknemers is beseer toe die vloer van ʼn vismaatskappy by die hawe in Port Elizabeth in die Oos-Kaap meegegee het.
Sewe vermeende kapers vasgetrek
Sewe mans is in Soweto in hegtenis geneem vir die beweerde kaping en besit van gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer R120 000.
Landdros geskors oor omkoopgeld
ʼn Landdros van Randburg wat tereg staan op aanklagte van korrupsie is voorlopig geskors.
Lewenslank vir verkragter
ʼn Man wat skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 16-jarige meisie is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Greytown-landdroshof in KwaZulu-Natal.
Foto’s en video: Bela-Bela (Warmbad) onder water
Talle inwoners van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo moes Donderdag met helikopters uit die gebied gered word nadat massas water chaos in die dorp veroorsaak het.
Gedagte vir die dag: God se liefde vir jou is baie groot
Psalm 103:11,13 – So ver as wat die verste punt in die heelal van ons af is, so groot, en nog groter, is die Here…