Munisipale webwerf ʼn grap

Skermskoot van die webwerf

Skermskoot van die webwerf

AfriForum doen ʼn beroep op die munisipale bestuurder van die Ga-Segonyana Munisipaliteit in Kuruman om hul kommunikasiekanale, spesifiek hulle webwerf, vir die publiek se onthalwe, reg te ruk.

Volgens AfriForum is sekere bladsye op die webwerf ontoeganklik. “As jy kontakbesonderhede van die burgemeester, munisipale bestuurder of jou wyksraadslid soek, of as jy bloot ʼn probleem wil aanmeld of die waardasierol wil besigtig, praat die bladsy eers met jou in tale en dan wonder jy watter karikatuurtjie pas nou by watter pos,” het Stefan Pieterse, AfriForum se gemeenskapskoördineerder vir die Noord-Kaap, gesê.

Volgens Pieterse het die publiek ʼn grondwetlike reg op toegang tot sekere inligting, veral wanneer ’n gemeenskap die inligting nodig het om deel te neem aan ʼn openbarebesluitnemingsproses, of om dringend ʼn munisipale amptenaar te skakel in die geval van nood.

“Die munisipaliteit moet daar wees om die gemeenskap te dien, en om oop kommunikasiekanale tussen die gemeenskap, raadslede, munisipale bestuurder en die burgemeester te skep. Die kanale is wel geskep, maar dit vloei nie,” het hy gesê.

Klik hier om die webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Gerhard Olivier ·

Vertaling van “Additional Information”(Is latyn) op die webwerf na engels:

refinancing . World’s makeup for life to start. Real estate in Japan after graduation. But the price front of it to pick sides. Any with the foot earth was created, it was said , needs , protein and , the members said, the management system. Directories , my Pakistan, the employee will be used , ie satisfying , grab any one of alcohol. The Earth television, cartoon football, it’s just a AC, of real estate , and, please. It’s the big one . To-date international tour . It’s the cable. It’s a lot but not that smart. No need for it is not to start before the football , it’s getting . You do get used . This week ‘s needs .

The cat was averaged , time football, real estate , and, girl but , okay. But the stuff . For now . -Class professional affiliations twist by our union, by the very beginner wedding. Just remember laughter is , wind, or might be interested , manufacturing process , the customer. He’s right , just one player. The guys , obsessed with football law enforcement to help you , and the lion , neither sorrow, the pain , but the Bureau of a medical professional as worth it. Even allowing patients to monitor airline tickets . The process. Growth .

Lorem itself pain he is amet consectetuer to post a comment. Tomorrow is the big shock to the structure. Each layer of the housing loans . But sometimes

HAHAHAHA

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.