April Maciborka en David Wile het ʼn video saamgestel van babas wat vir die eerste keer suurlemoene proe.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 April 2014
SANParke-werkers vas oor renosterstropery
Twee werknemers van SANParke is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Miljoene om Dewani in die land te kry
Dit het die belastingbetaler glo miljoene gekos om Shrien Dewani na Kaapstad te bring om tereg te staan vir die moord op sy jong bruid, Anni.
Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk
Die eienaar van ʼn kleuterskool in Rosettenville, suid van Johannesburg, het glo ʼn kleuter vasgebind en haar mond toegeplak, omdat sy televisie wou kyk, berig die Daily Sun
Oscar Pistorius getuig oor daardie aand
Oscar Pistorius se moordverhoor het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof verdaag oomblikke nadat die ontstelde atleet homself onder bedaring gebring het.
Jannie Moolman kritiek ná val
Die bekende sanger Jannie Moolman word nog in die hoësorgeenheid by die Millpark-hospitaal in Johannesburg onder verdowing gehou nadat hy Saterdagaand van ʼn dak afgeval het.
Mbalula se raskwotas vir sportspanne is onwettig
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag in ʼn brief aan Fikile Mbalula, minister van sport, gesê sy voorneme dat nasionale sportspanne binnekort ʼn kwota van 60% swart spelers moet bevat, is teen die Wet op Gelyke Indiensneming wat kwotas verbied.
Grootoog vanaand vir groot Mars
Die planeet Mars sal vanaand van sononder tot sonsopkoms môreoggend besonder groot en tot tien keer helderder as die helderste sterre gesien kan word.
Amcu-staking: Nie-stakende myner met dooie diere gedreig
Thandi Modise, die premier van Noordwes, het Dinsdag gesê myners wat nie aan die voortslepende Amcu-staking deelneem nie, word aangeval en geteister.
Video: Kompetisie vir entrepreneurs
Die privaat universiteit Akademia bied weer vanjaar sy sakeplankompetisie aan om entrepeneurs aan te moedig.
Ontwikkelingshulp in 2013 haal rekordvlakke
Terwyl ontwikkelingshulp wêreldwyd met 6,1% tot ‘n rekordbedrag van $134,8 miljard gestyg het, het ontwikkelingshulp aan Afrika suid van die Sahara met 4% afgeneem, aldus die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling.
Aktiviste soek Fukushima-bestraling in Kalifornië se seewater
Drie jaar na die groot aardbewing en tsunami die Fukushima-kernkragaanleg in Japan beskadig het, toets aktiviste nou die seewater by Kalifornië se Santa Cruz vir bestraling. Santa Cruz se hawe is deur die tsunami beskadig.
Nuuskommentaar: Rustenburg word Rampstenburg
Amcu probeer egter meer as platinum en ander minerale tap – die vakbond probeer ook bloed uit ‘n klip tap om sy werwingsbeloftes aan sy lede gestand te doen. Die einste lede wat nou reeds maande sonder inkomste sit, en met enige haalbare ooreenkoms wat bereik mag word, nou baie jare gaan neem om die verlies aan salarisse en bonusse in te haal.
Klagtes teen SA sportliggame wat voor regering se kwotadruk swig
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Suid-Afrikaanse sportliggame gemaan dat hy amptelike klagtes by internasionale sportliggame sal indien teen enige Suid-Afrikaanse sportfederasie wat voor die regering se druk swig om streng rassekwotas in te stel.
Wittebroodmoordverhoor begin
Die saak teen die moordbeskuldigde Shrien Dewani het Dinsdag omstreeks 12:30 ná ʼn twee uur lange vertraging in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin.
ANC versoek kalmte in Bloemhof
Die ANC het Dinsdag ʼn beroep gedoen op die inwoners van Bloemhof in Noordwes nadat ses huise Maandag gedurende ʼn gewelddadige betoging in Boitumelong afgebrand is.
Maatskappye skenk R1.2 miljoen vir Limpopo-vloedslagoffers
Kospakkies, komberse en boumateriaal word afgelewer by munisipaliteite wat onlangse deur erge vloede in Limpopo getref is.
Oscar Pistorius ontken hy het skoot uit sondak gevuur
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof ontken dat hy ooit ʼn skoot deur die oop sondak van ʼn motor gevuur het.
Resensie: Droomkind – oortuigende Bybelstorie in die hart van die Karoo
Die meeste teaterliefhebbers lig ʼn wenkbrou as hulle hoor dat Bobby van Jaarsveld die rol van die Bybelfiguur Josef in die nuwe teaterproduksie “Droomkind – die verhaal van Josef” vertolk. Maar die prentjie verander as ʼn mens agterkom die Bybelverhaal is vertaal na ʼn hedendaagse, Suid-Afrikaanse konteks waar Bobby die rol speel van Josef Wolmarans, die twaalfde en gunstelingseun van ʼn skaapboer in die Karoo.
Vyf gesinslede verkool in bakkie
Vyf gesinslede het Sondagaand in die Oos-Kaap verkool nadat die bakkie waarin hulle gery het aan die brand gesteek is.