Ben Janse van Rensburg van die Vrystaatse pluimveeklub het onlangs ʼn boek uitgereik wat alles wat jy wil weet van die besonderse Poolse niebebaarde kaphokhoender bevat.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "skouhoenders"
[Luister] Vrystaatse pluimveekenner praat oor kuikens en eiers
Ben Janse van Rensburg van die Vrystaatse pluimveeklub gesels met Esté Meyer Jansen oor eiers en hoe om dit te berg. Ben verduidelik ook waarom dit dalk nié ʼn goeie idee is om ʼn kuiken te help uitbroei nie.
[Luister] Speel só klaar met asemhalingsiektes by pluimvee
Ben Janse van Rensburg, die Vrystaatse pluimveeklub se skouhoender-kenner, deel vandag sy driepuntplan vir die voorkoming van asemhalingsiektes wat dikwels in die kouer tye van die jaar by pluimvee voorkom.
Luister: 16-jarige maak skoonskip by Redderburgse hoenderskou
Reddersburg se [email protected] het op 8 en 9 Mei vanjaar plaasgevind en dit is hier waar die 16-jarige Elvin Herselman van Krugersdorp behoorlik ʼn opskudding veroorsaak het met sy Orpington grootras-hoender.
Luister: Kenners gee wenke vir die voorbereiding vir ʼn hoenderskou
Ben Janse van Rensburg van die Vrystaat Pluimveeklub gesels oor die soort voorbereiding wat vir ‘n hoenderskou gedoen moet word.
Luister: Agter die skerms by ʼn tradisionele hoenderskou
Ben Janse van Rensburg van die Vrystaat Pluimveeklub gee ons vandag ʼn kykie agter die skerms van ʼn hoenderskou.
Toekoms van SA se onderwysvisie en beoordeling van pluimvee se eiers
Professor Rita Niemann verduidelik hoe Impak Onderwysdienste help om Suid-Afrika se onderwysvisie te verwesenlik en die skouhoenderkenner, Ben Janse van Rensburg, praat oor die beoordeling van die inhoud van eiers by ʼn pluimveeskou.
Pluimvee se eiers en die Bright Stars mentorskapprojek
Ben Janse van Rensburg verduidelik hoe pluimvee se eiers beoordeel en Irene Schoeman gesels oor die Bright Stars mentorskapprojek.
Die Minorca hoender by skoue, 30 Kerswense en die sangeres, Anais
Ben Janse van Rensburg, verduidelik waarop die Minorca hoender beoordeel word by ʼn skou, Michelle Burger gesels oor Helpende Hand se 30 Kerswense-projek en die sangeres, Anais, kuier in die ateljee.
Minorca hoenders en die dienste wat Impak bied
Ben Janse van Rensburg praat oor die Minorca hoender en Willem Kitshoff verduidelik watter soort dienste Impak aan ouers, kinders en skole bied.
Orpington-hoenders, ‘n wynfees in Gauteng en die FAK se Groot Trek
Ben Janse van Rensburg praat oor die Orpington-hoender, Elizma Botha vertel ons meer van die Robertson Wynvallei Fees en Chris Oelschic praat oor sy ervaring van die FAK se Groot Trek Viertrek reistog.
Haantjies se kamme, buitelugteater en pappas wat sing
Ben Janse van Rensburg bespreek defekte in haantjies se kamme, Danie van der Merwe vertel van Epic Cinemas se unieke buitelug-teater ervaring en Danny Antill gesels oor sy wiegeliedjies vir pappas.
Ben Janse van Rensburg praat oor skouhoenders en Blackie Swart kuier in die ateljee
Ben Janse van Rensburg praat oor parasiete wat by skouhoenders voorkom en Blackie Swart gesels oor sy jare in die Afrikaanse musiekbedryf.