’n Span wat hoofsaaklik uit Amerikaanse wetenskaplikes bestaan, het vasgestel watter geen vir die “vetverdeling” in die menslike liggaam verantwoordelik is, en bepaal of die persoon ’n “appellyf” of ’n “peerlyf” ontwikkel.
Die verskil is nogal belangrik, omdat die vet wat om die heupe en dye vorm, oppervlakkig en minder skadelik is as dit wat om die maag vorm. Hierdie vet kom tussen organe voor en kan bydra tot hartaanvalle, beroertes en selfs die ontwikkeling van diabetes.
Nadat die geen ontdek is, is dieselfde geen uit ’n aantal sebravisse onttrek. Die gemuteerde visse het nie sulke ronde lywe as hul “kollegas” met die geen ontwikkel nie, en het ook gesonder gebly toe hulle vetryke kos gevoer is.
Die navorsing is ondersteun deur Sweedse navorsers wat vasgestel het dat by mense met tipe 2 diabetes, die geen verhoogde aktiwiteit het.
Die volledige artikel in Trouw.