Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
In hierdie week se aflewering gesels hulle oor die bekendstelling van Renault se nuwe Duster, rits rond in Volvo se XC60 wat as die Wêreldmotor van die Jaar bekroon is en raak saam met Etienne Fourie nostalgies oor die 13de jaarlikse skou vir motors met lugverkoelde enjins.
Die skou vind Sondag, 7 Oktober van 9:00 tot 16:00 by die Pretoria Oumotorklub in Keuningstraat, Silverton plaas. Skakel Etienne by 082 326 4305 vir meer besonderhede.