Die derde wedren in die Moto GP-reeks vind dié naweek in Austin, Texas, plaas. Die Grand Prix van die Amerikas word Sondagaand (Suid-Afrikaanse tyd) afgehandel. Die sogenaamde COTA-baan spog met 20 draaie en volgens die renjaers bied dit min kans om werklik voluit te jaag. Tegnies gesproke is dit een van die moeilikste.
Die huidige wêreldkampioen, Marc Marquez van Spanje, is tans vyfde op die punteleer en hy sal hard probeer om sy agterstand van 18 punte minder te maak.
Dani Pedrosa, wat sy gewrig in die vorige wedren gebreek het tydens ʼn val, het verlede week ʼn operasie in Barcelona ondergaan. Daar is sprake daarvan dat hy reeds dié week weer in aksie wil wees en hy sal finaal besluit nadat hy ʼn oefenlopie in sy Honda geneem het.
Met die vorige wedren in Argentinië was Jack Miller eerste op die wegspringrooster.
1 | Jack Miller | Pramac | 1:47.153 |
2 | Daniel Pedrosa | Repsol Honda | 1:47.330 |
3 | Johann Zarco | Tech 3 | 1:47.365 |
Die wedren in Argentinië is egter deur Cal Crutchlow gewen met Miller wat vierde was.
Pos | Renjaer | Span | Tyd |
1 | Cal Crutchlow | LCR Honda | 40:36.342 |
2 | Johann Zarco | Tech 3 | +0.251 |
3 | Alex Rins | Suzuki | +2.501 |
4 | Jack Miller | Pramac | +4.390 |
5 | Maverick Vinales | Yamaha | +14.941 |
6 | Andrea Dovizioso | Ducati | +22.533 |
Op die punteleer word die voorste twee jaers deur slegs drie punte geskei. Die LCR Honda van Crutchlow beklee tans die eerste plek terwyl die Repsol Honda van Marquez vyfde is.
1 | Cal Crutchlow | LCR Honda | 38 |
2 | Andrea Dovizioso | Ducati | 35 |
3 | Johann Zarco | Tech 3 | 28 |
4 | Maverick Vinales | Yamaha | 21 |
5 | Marc Marquez | Repsol Honda | 20 |
6 | Jack Miller | Pramac | 19 |
In Moto2 het Suid-Afrika se Steven Odendaal in Argentinië 18de geëindig. Brad Binder kon nie die wedren voltooi nie.
In Moto3 kon Darryn Binder net 22ste oor die eindstreep jaag in Argentinië.
Die oefenrondes in Texas vind Vrydag plaas terwyl die kwalifisering Saterdagaand afgehandel word. Die Moto3-wedren begin Sondag om 17:45 en die Moto2 om 19:05. Die groot kanonne in die Moto GP spring om 20:55 weg.
Kliek hier vir meer inligting.
Bly om te sien iemand lewer komentaar oor die MotoGp. Marquez bly maar die beste.
Ek gaan kyk. Hoop dat Brad beter doen in Texas, by is rerig goed.