
New Horizons Foto: solarviews.com
Na sy verbyvlug by Pluto en sy mane na ’n reis van sowat 5 miljard kilometer, is New Horizons se volgende bestemming nou bepaal. Dié hemelligaam, sowat 30 kilometer in deursnee, is sowat 1,6 miljard kilometer anderkant Pluto, en staan bekend as 2014 MU69.
Die New Horizons-span moet egter nou eers ’n voorlegging aan Nasa doen om die tuig se werkende leeftyd te verleng. Dit sal waarskynlik eers aanstaande jaar geskied, maar intussen moet daar vanjaar reeds twee koersaanpassings aan New Horizons se vlug gedoen word om die nuwe bestemming in 2019 koste-effektief te kan bereik.
Intussen sal dit New Horizons nog sowat 16 maande neem om al die data van sy opnames van Pluto en sy mane na die aarde terug te stuur.
Bron: Christian Science Monitor
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ja, ons gaan baie kennis bekom, maar wat gaan dit ons baat? Hoe gaan hierdie aardbol daarby baat?