Nuwe tegnologie kan seewater vir huishoudings suiwer, en dit boonop doen sonder om van elektrisiteit gebruik te maak.
Dié nuwe stelsel is deur die Rice Universiteit se Center for Nanotechnology Enabled Water Treatment (NEWT) ontwikkel, en die navorsingsverslag is in die vaktydskrif, Proceedings of the National Academy of Sciences, gepubliseer.
Die stelsel behels panele wat gebruik maak van swart nanopartikels wat sonlig absorbeer, wat nanofotone genoem word, en wat in die membraan aangebring word, wat dan die distilleringsproses aanhelp. Deur die sonlig op die partikels te fokus, kan die proses geweldig versnel word.
Konvensionele ontsoutingsaanlegte maak van groot hoeveelhede elektrisiteit gebruik, wat dit duur maak om ontsouting te doen in lande waar elektrisiteit duur is.
Met dié nuwe stelsel kan vir elke vierkante meter van die toestel se paneel ses liter skoon water opgelewer word.
Dít sonder om elektrisiteit te gebruik, of waar min elektrisiteit beskikbaar is, ’n beperkte hoeveelheid krag in te span.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Het nie tyd om nou te lees nie, maar geintereseerd. Ongelukkig substandaard rapportering. Elke paneel lewer 6 liter. Niksseggend, want dit kan die hoeveelheid in een minuut of in een jaar lewer.
FANTASTIESE NUUS!!!! Dank aan die span navorsers wat hierdie moontlike manier van watervoorsiening bedink en beding het. Gee asb vir ons nog inligting en artikels hieroor – dis regtig baie positiewe nuus.
Die partikels kan sekerlik nie “nanofotone” genoem word nie? Dit sou geen sin maak in fisika nie. ‘n Foton is ‘n foton, ‘n swart partikel van koolstof is nie ‘n foton nie. En soos Tom ook gevra het: Hoeveel liter water kan per paneel per tydsverloop (minuut, uur, dag?) gelewer word. Ses liter per paneel met geen tydsduur gespesifiseer, is betekenisloos. Ek het dit gaan opsoek op Rice se webwerf, en dis 6 liter per vierkante meter per uur. So ‘n toestel met ‘n vierkante meter paneel kan, met agt uur sonlig per dag, 48 liter water lewer. Dis nie… Lees meer »
Rice universiteit is n uitstekende universiteit, gaan kyk gerus hul verniet kortkursusse op Coursera.
Ek vra verskoning vir die sinsgedeelte wat weggeval het. Ek probeer nou my uitset verhoog namate my huidige kankerbehandeling ten einde loop, en hoewel ek al sterker voel, moes ek dié keer klaarblyklik nog gerus het soos wat ek tot dusver gedoen het, na ek vyfuur opstaan om te begin werk.
Nogmaals baie jammer.
Herman