Nuwe tegnologie kan seewater suiwer

Die navorsingspan by hul “aanleg” (Foto: Jeff Fitlow/Rice Universiteit)

Nuwe tegnologie kan seewater vir huishoudings suiwer, en dit boonop doen sonder om van elektrisiteit gebruik te maak.

Dié nuwe stelsel is deur die Rice Universiteit se Center for Nanotechnology Enabled Water Treatment (NEWT) ontwikkel, en die navorsingsverslag is in die vaktydskrif, Proceedings of the National Academy of Sciences, gepubliseer.

Die stelsel behels panele wat gebruik maak van swart nanopartikels wat sonlig absorbeer, wat nanofotone genoem word, en wat in die membraan aangebring word, wat dan die distilleringsproses aanhelp. Deur die sonlig op die partikels te fokus, kan die proses geweldig versnel word.

Konvensionele ontsoutingsaanlegte maak van groot hoeveelhede elektrisiteit gebruik, wat dit duur maak om ontsouting te doen in lande waar elektrisiteit duur is.

Met dié nuwe stelsel kan vir elke vierkante meter van die toestel se paneel ses liter skoon water opgelewer word.

Dít sonder om elektrisiteit te gebruik, of waar min elektrisiteit beskikbaar is, ’n beperkte hoeveelheid krag in te span.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Tegnologie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tom

Het nie tyd om nou te lees nie, maar geintereseerd. Ongelukkig substandaard rapportering. Elke paneel lewer 6 liter. Niksseggend, want dit kan die hoeveelheid in een minuut of in een jaar lewer.

Theresa

FANTASTIESE NUUS!!!! Dank aan die span navorsers wat hierdie moontlike manier van watervoorsiening bedink en beding het. Gee asb vir ons nog inligting en artikels hieroor – dis regtig baie positiewe nuus.

Paul

Die partikels kan sekerlik nie “nanofotone” genoem word nie? Dit sou geen sin maak in fisika nie. ‘n Foton is ‘n foton, ‘n swart partikel van koolstof is nie ‘n foton nie. En soos Tom ook gevra het: Hoeveel liter water kan per paneel per tydsverloop (minuut, uur, dag?) gelewer word. Ses liter per paneel met geen tydsduur gespesifiseer, is betekenisloos. Ek het dit gaan opsoek op Rice se webwerf, en dis 6 liter per vierkante meter per uur. So ‘n toestel met ‘n vierkante meter paneel kan, met agt uur sonlig per dag, 48 liter water lewer. Dis nie… Lees meer »

Kalant

Rice universiteit is n uitstekende universiteit, gaan kyk gerus hul verniet kortkursusse op Coursera.

Herman Toerien

Ek vra verskoning vir die sinsgedeelte wat weggeval het. Ek probeer nou my uitset verhoog namate my huidige kankerbehandeling ten einde loop, en hoewel ek al sterker voel, moes ek dié keer klaarblyklik nog gerus het soos wat ek tot dusver gedoen het, na ek vyfuur opstaan om te begin werk.
Nogmaals baie jammer.
Herman