Aardverwarming beïnvloed aarde se kanteling

Gletser (Foto: unsplash, Pixabay)

Gletser (Foto: unsplash, Pixabay)

Sedert die jaar 2000 het die koers waarin die aarde se poolas skuif, ’n dramatiese koersaanpassing van 75 grade gemaak, blyk uit navorsing wat pas in die vakjoernaal Science Advances, gepubliseer is.

Dié aanpassing word uitsluitlik aan die wegsmelt van groot ysmassas op Groenland en in Antarktika toegeskryf. Die invloed van die wêreld se hidrologie is ook verreken. Hierdie afwykings kan besonder akkuraat deur sterwaarneming gedoen word.

Lees meer: CS Monitor, Nature World News, Tech Times, ABC News

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Ruimte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Theresa ·

Sal graag meer hieroor lees! 75 grade is baie. Dankie vir baie interessante artikel.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.