Eerste ruimtetuig binne 100 dae by Pluto

'n Kunstenaarsvoorstel wanneer New Horizons by Pluto sou aankom Grafika: "Encounter 01 lg" deur Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory/Southwest Research Institute

‘n Kunstenaarsvoorstel wanneer New Horizons by Pluto sou aankom Grafika: “Encounter 01 lg” deur Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory/Southwest Research Institute

Wetenskaplikes verwag ’n wonderwêreld van Pluto en sy mane wanneer die New Horizons-ruimtetuig binnekort binne sowat 10 000 kilometer van die dwergplaneet Pluto verbytrek.

Die New Horizons het reeds sy eerste kleurfoto van sy bestemming na die aarde teruggesein, al is die tuig nog steeds sowat 115 miljoen kilometer weg, maar oor minder as 100 dae sal sake heel anders daaruit sien wanneer die verbyvlug op 14 Julie vanjaar plaasvind.

Namate meer besonderhede die wetenskaplikes op aarde bereik, verander hul verwagtinge oor wat uiteindelik op hulle wag wanneer die dwergplaneet en sy mane werklik naby sal wees. Gaan daar riviere van vloeibare neon oor die oppervlak vloei? Het Pluto ’n oseaan onder die yslaag?

Wetenskaplikes verwag nie dat daar in die huidige mensdom se lewensverwagting soortgelyke beelde bekom sal kan word van enige stelsel by ’n eksoplaneet nie.

New Horizons is in Januarie 2006 gelanseer vir sy reis van byna 5 miljard kilometer. Met sy lansering was dit die vinnigste tuig wat nog sy wentelbaan om die aarde verlaat het, en reis teen byna 60 000 km/h – of te wel sowat 100 keer vinniger as ’n passasierstraler.

Bron: Christian Science Monitor, Sci News.com, Wikipedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Die S.A. Nasionale Ruimteagentskap (Sansa) sal seker sorg dat die ruimtetuig ook inligting aarde toe stuur in beide isiZulu en Sepedi?

Shannon ·

mmm.. op skaal gesien, beteken dit, as die Aarde 1cm in diameter is, Pluto so min of meer 4.4km ver weg is. Die Aarde is a 1 sent munstuk en Pluto, `n tikkie groter as die punt van my pen, lê aan die ander kant van die dorp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.