Wetenskaplikes het ontdek dat die antieke Egiptenare lank reeds ’n dubbelster, Algol, gebruik het om siklusse in hul kalender aan te bring.
Algol verdof elke 2,85 dae wanneer die een ster voor die ander verby wentel. Dié siklusse is in die sogenaamde Kaïro-kalender vasgestel wat ook die siklusse van die maan se 28 dae ondervang. Dié kalender dateer uit die periode 1244 – 1163 v.C. Boonop is vasgestel dat Algol met die godheid Horus geassosieer is.
Voorheen is gemeen dat Algol se eklipse die eerste keer in 1669 deur Montanari aangeteken is. Die Egiptenare se waarnemings is met die blote oog gedoen.
Bron: ScienceDaily, Ancient Origins
Interessant!!! inderdaad. Dankie Maroela vir sulke tipe nuus ook.
Altyd lekker om so n brokkie of 2 uit die ou wereld te kan kry.