ʼn Video van pa’s wat tronkstraf uitdien en vir die eerste keer hul kinders sien, is ʼn bewys dat elke kind ʼn pa se liefde en aanraking benodig en selfs geharde misdadigers se harte kan sag raak met ʼn liefdevolle omhelsing.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 Desember 2015
[Video] Die man wat Kersfees gesteel het
Die polisie in Australië het die humor in die voorval raakgesien toe ʼn yslike opblaas-Kersvader by ʼn klein onderneming in New South Wales gesteel is.
Kragonderbrekings by munisipaliteite wat geld skuld
Eskom vergader dringend met die Oos-Kaapse regering weens kragonderbrekings wat by vier munisipaliteite toegepas word as gevolg van agterstallige betalings.
AbaThembu-koning begin met 12 jaar tronkstraf
Die Suid-Afrikaanse ministerie van justisie en korrektiewe dienste het gesê koning Buyelekhaya Dalindyebo van die abaThembu-koninklike gesin sal na verwagting Woensdag met sy 12 jaar tronkstraf begin.
Twee vas oor miljoene rand se BTW-bedrog
ʼn Egpaar van Johannesburg is in hegtenis geneem in verband met beweerde belastingbedrog ter waarde van R51 miljoen.
Vyf ontsnapte gevangenes gou aangekeer
Vyf gevangenes wat op 18 Desember by Glen Grey in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer aangekeer en het Maandag in die Lady Frere-landdroshof verskykn.
ToekomsVenster: ‘n Splinternuwe seisoen vir die wat glo
As die ontmoeting met Jesus plaasvind, bring dit vir wie hulle daardeur laat verander ʼn splinternuwe seisoen mee. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, lui die Johannes-verslag in hoofstuk 3.
Polisie ‘laks’ om plaasmoordenaar vas te trek
Die dogter van Johan Coetzee, ʼn boer wat in Mei vanjaar wreed op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor is, het gesê die polisie is opsetlik laks om haar pa se moordenaar vas te trek.
Kohler-Barnard terug in die DA
Dianne Kohler-Barnard se skorsing uit die Demokratiese Alliansie (DA) is Dinsdagmiddag opgehef.
Een kind raak elke 5 uur weg
Volgens die Buro vir Vermiste Persone word daar elke vyf uur ʼn kind in Suid-Afrika vermis. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in 2013 so veel as 1 697 gevalle van vermiste persone gehad.
Ambulans gekaap, toe verbrand
ʼn Ambulans is Maandagaand in die uMgungundlovu-distrik in KwaZulu-Natal gekaap en aan die brand gesteek.
[Resep] Rondomtalies
Die rondomtalies met skilferkorsdeeg is baie eenvoudig om te maak. Jy kan hulle maak vir ’n buffet-ete, voorgereg of bykos, piekniek, kosblik of om laataand voor die TV te geniet.
DA besluit vandag oor Kohler-Barnard
ʼn Paneel van vyf van die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag vergader om Dianne Kohler-Barnard, voormalige LP, se appèl teen die opskorting van haar lidmaatskap te bespreek.
[Foto’s] Verliefdes verloof met 101 Dalmations
ʼn Pasverloofde paartjie van Illinois het die internet aan die gons met hul verlowingsfoto’s wat ʼn bekende toneel uit die fliek 101 Dalmations herskep.
Tienerseuns soek ná golwe hulle van rotse afslaan
Twee 14-jarige seuns was Dinsdagmiddag steeds soek nadat hulle by Heroldsbaai in die Suid-Kaap deur golwe van die rotse afgeslaan is.
[Foto’s] Lande dors na reën
Foto’s wat die impak uitbeeld van die droogte wat tans die land teister, word wyd op sosiale media versprei.
Vrou glo ná liefdesrusie in Centurion doodgeskiet
ʼn Vrou van Pretoria is Dinsdagoggend ten aanskoue van haar vriendin koelbloedig by ʼn treinstasie in Centurion doodgeskiet.
Uitdrukking: Jou lyf aasvoël hou
Hopelik het jy nie hierdie vakansie oorlas van iemand wat sy lyf aasvoël hou nie!
Inkleurboeke: ‘Wees lig’ en ‘Wees stil’
Dié inkleurboeke vir volwassenes met hul meer as 60 ontwerpe en kaartjies op geperforeerde bladsye is die ideale verskoning om weg te breek van die alledaagse.
[Foto’s] Gekskeerdery oor Mej. Heelal-gedoente
Talle grappige prente doen die ronde op sosiale media ná die komediant Steve Harvey Sondagaand per ongeluk eers die verkeerde wenner aangewys het tydens Mej. Heelal 2015.