
‘n Suid-Afrikaanse weergawe wat verwys na pres. Jacob Zuma se onverwagse aanstelling van David van Rooyen in die pos van minister van finansies, voor hy binne vyf dae deur Pravin Gordhan vervang is
Talle grappige prente doen die ronde op sosiale media ná die komediant Steve Harvey Sondagaand per ongeluk eers die verkeerde wenner aangewys het tydens Mej. Heelal 2015.
Maroela Media het vroeër berig Harvey het eers Mej. Colombia, Ariadna Gutierrez, aangekondig as die wenner, voor hy sy fout besef en om verskoning gevra het. Pia Alonzo Wurtzbach, Mej. Filippyne, is ʼn paar sekondes later as wenner gekroon.
Harvey het op Twitter ook om verskoning gevra aan die deelnemers en kykers.
- ‘n Suid-Afrikaanse weergawe wat verwys na pres. Jacob Zuma se onverwagse aanstelling van David van Rooyen in die pos van minister van finansies, voor hy binne vyf dae deur Pravin Gordhan vervang is
- Justin Bieber het self hierdie “meme” op sy Instagram-profiel gelaai, met ‘n verwysing na een van sy jongste treffers, “Sorry”
- ‘n Verwysing toe Kanye West in 2009 Taylor Swift by die MTV-musiekvideotoekennings onderbreek het
- Lirieke van Adele se jongste treffer, “Hello” en Wiz Khalifa se “See You Again”
- ‘n Verwysing na Keenan Thompson se uitbeelding van Steve Harvey op die program, “Saturday Night Live”
- ‘n Verwysing na die oomblik toe Oprah Winfrey aangekondig het dat sy ‘n gratis motor aan elke lid van die gehoor gaan gee
- Sommige persone het grappenderwys daarop gewys dat indien Steve Harvey die Oscar-toekennings sou aanbied, sal die akteur Leonardo DiCaprio moontlik ook wen
- Nog lirieke uit Wiz Khalifa se “See You Again”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Hierdie is die swakste van swak wat ek al ooit gesien het. Verbeel jouself, jy word aangekondig as Mej Heelal….jou wêreld verander in ‘n oogwink, jou toekoms verander in ‘n oogwink, jou verhoudings verander in ‘n oogwink, die jaar wat voorlê verander in ‘n oogwink, jy familie is in ekstase, die pryse wat jy ontvang, die borgskappe, die toekoms geleenthede, jou reis planne….alles, maar ALLES verander in ‘n oogwink……….tot die idioot wat die kaartjie met die uitslag daarop dit alles vir jou vernietig, en iemand anders aanwys as die “wenner”. Die hele situasie wat net ongemaklik…die arme “werklike wenner” het… Lees meer »
Wel, miskien sal hy nou weer bietjie aarde toe kom!
Wel, miskien sal y nou weer bietjie aarde toe kom.
Chill, julle, daar is baie erger goed wat al gebeur het en nog gaan gebeur. Sela.
Johann Marx, jy praat waar, dis n oomblik gesteel, ek kry daai twee dametjies ook bitter jammer. Jou laaste sin en Bart se kommentaar het my dag gemaak :)
Steve Harvey het tog sekerlik nie die kompetisiepunte getally nie? Het hy nie net gelees wat vir hom gegee is nie?