Drie persone wat die beste voorstelle aan NASA indien oor maniere om oorlewing op Mars moontlik te maak, sal elk $5 000 (meer as R50 000) in die sak steek.
Die voorstelle kan handel oor huisvesting, kos, water, lug vir asemhaling en kommunikasie, maar ook voorstelle oor ander aspekte sal verwelkom word. Die herbevoorrading van mense op Mars sal net een keer elke sowat 500 dae kan geskied, wanneer die aarde en Mars naby mekaar in hul onderskeie wentelbane is.
Jou voorstel moet hulle voor 6 Julie 2015 bereik. Klik hier vir meer besonderhede en klik hier om in te skryf.
Lees ook: CS Monitor, Fast Company