Afrikaanse sangeres vaar uit teen AIG-kritici

Corlea het dié foto saam met haar inskrywing gedeel (Foto: Facebook)

Corlea het dié foto saam met haar inskrywing gedeel (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sangeres Corlea Botha het haar tot sosiale media gewend om uit te vaar teenoor Afrikaans is Groot-konsertgangers, wat spesifiek vir haar en sangers oor die algemeen, skerp kritiseer.

Corlea het in ʼn ope-brief op Facebook geskryf sy het vir die eerste keer, in die vyf jaar wat sy by dié konsert betrokke is, besluit om haar stem dik te maak oor konsertgangers se kritiek.

“Dit het onder my aandag gekom dat ʼn paar baie lelike individue die afgelope paar dae na vore gekom het. Snaaks hoe mense met geen ervaring van vertonings, geen persoonlike ervaring met kunstenaars en geen kennis oor die bedryf nie, agter ʼn username kan gal braak en kritiseer,” het sy geskryf.

Die sangeres sê sy is keelvol vir onnodige kritiek, veral omdat sy vir haar eie aanhangers-gehoor sing en nie vir ander nie.

“Ek het nou al mooi grootgeword, my gunstelingtydverdryf my loopbaan gemaak en ek probeer my bes om aan te hou bou aan my profiel en loopbaan om hoër hoogtes te bereik,” het sy bygevoeg.

“Soos die meeste kunstenaars, het ek ook al moeilike tye openlik ervaar en is by vertonings, tot al in die pers, gekritiseer en sleggesê. Dit is bitter moeilik om sulke dinge nie persoonlik op te neem nie.”

Sy sê hoewel sy kritiek in die algemeen aanvaar, is die “lelike” kritiek sedert die konsert se opening byna ondraaglik.

“Afrikaans is Groot vier elke liewe kunstenaar se identiteit en streef daarna om elkeen se oomblik in die kollig op die beste moontlike manier ten toon te stel. Ek bewonder die span wat elke liewe jaar daarin slaag om dit op so ʼn massiewe platform aan te bied.

“Partykeer kom ons [die kunstenaars] met mal voorstelle. Soms werk dit en ander kere nie. Maar dit bly ʼn spanpoging. Ons besef dat almal nie met elke liewe liedjie en element gelukkig gaan wees nie, dis vanselfsprekend. Dalk was daar in totaal tien nommers [liedjies] wat nie na jou sin was nie, maar moet dan nie die ander 20 goeie liedjies vergeet in jou kommentaar nie. Moet ook nie mense afraai om te kyk nie, jy kan nie vir ander mense besluit nie!”

Corlea het haar ope brief afgesluit deur kritici te maan om nie ander op te sweep nie. “Dit het ons almal baie jare se bloed, sweet en harde werk gekos om daardie sukses te bereik. Ek vra julle mooi, moenie uit bitterheid en absolute onkunde kritiek en kommentaar gaan los en ander mense opsweep nie. Julle breek in twee minute, agter ʼn naamlose profiel, ʼn legacy af wat ons oor jare opgebou en hard voor baklei het,” het sy geskryf.

“Mevrou, meneer, ek het self my lied gekies, asook my kostuum, die violiste en die koor. Ek het self ook die verwerking en die gevoel daarvan gekies. Daaroor is ek bitter trots op myself en hoe ver ek as kunstenaar en as individu gekom het. Ek probeer elke keer om die heel beste van myself te gee, en my beste is vir myself en my Skepper genoeg.”

Lees die volledige brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Sarel Strydom ·

Stem volmondig met haar saam en hoogtyd dat iemand praat, want daar word altyd van Kunstenaars verwag om stil te bly terwyl hulle beledig word. Ek praat nie van suiwer kritiek nie, maar van mense wat beledigend raak. As jy nie na Kunstenaars wil luister nie, wat maak jy daar. Bly by die huis. Baie van julle wat hierdie tipe beledegings rondslinger is nie Kunstenaars se ou skoene werd nie. hierdie mense werk hard vir wat hulle bereik in ‘n moeilike mark. Waardeer ons AFRIKAANSE Kunstenaars.

evert ·

AIG…DOG DIT GAAN OOR AFR MUSIEK?????
DOZI SE ZULU!!??? AI JA JAI…ONGEPAS..AS EK DIT WOU SIEN EN HET LW…SOU EK NIE AIG TOE GEGAAN HET

M ·

Evert, ek was ook daar en dit was alles briljant, die Zulu die swart koor, alles was uitstekend, al wat my gepla het was nie die show nie maar die dat daar niemand was om verkeer te reguleer na die tyd nie, so een kar gaan dit minder maak en ons gaan jou nie mis nie. Ek sal defnitief weer daar wees!

Esther ·

Ek was hierdie jaar ook by die AIG konsert. Dit was my derde keer en was van die eerste vertoning af totaal en al versot op die konsert en wat hulle bied. Hierdie jaar was die konsert nie soos vorige jare nie en het mens geloop met ‘n gevoel van “wat nou?” As mens teleurgesteld is oor ‘n vertoning, gaan dit nie oor die kunstenaar self as mens nie maar omdat mens na vorige jare se puik aanbieding dieselfde kwaliteit verwag. Hierdie jaar was nie dieselfde nie. Ek self kan my net indink die werk en ure wat die kunstenaars insit in so produksie maar moet maar liewer nie aan iets verander wat vir 5 jaar gewerk het nie. Dankie vir elke kunstenaar se bydrae en weet daar is mense wat die vertoning dalk kritiseer maar nie die persoon as mens nie.

janine marais ·

Corlea jy is een van die redes hoekom ons as gesin elke jaar AIG ondersteun…jy het die volmaakte God gegewe talent wat jou vêr bo die res laat uitstaan….en dan praat ek ook nie eers van jou kostuums nie…mal daaroor.. en ek weet dit is moeilik om nie kritiek persoonlik op te neem nie…maar liewe mens….jy het nie nodig om terug te staan vir niemand en niks…jy het ñ engel stem….

Christo Meyer ·

Ek stel voor dat diegene wat so links en regs kritiseer self op die verhoog spring en die mikrofoon gryp.

Antjie ·

PRESIES!!!Ek stem saam met jou!
Geniet die klank van ons volk….moenie monde vol gal braak oor een v d min dinge wat nog EG AFRIKAANS is nie!! (en as van d kunstenaars in Engels sing….dis ook OK. Dis nie net n viering van d taal nie, dis die kultuur ook!! En in my kop is Afrikaners mos eintlik plesierig! Hou op moan!!

Antjie ·

Almal is geregtig op hulle eie opinie, so hier is myne:
Ek was darem al by3 Skouspels en die jaar was my 2de AIG. Ek was daar vir veelsydigheid v verskillende kunstenaars en WAT N FANTASTIESE produksie was dit nie!!Ek vergelyk NOOIT d 1met d ander nie. Elkeen het sy eie kleur en geur. Ons het dit vreeeeslik geniet. Los d negatiewiteit en vind iets positief!Ons land en ons volk kort dit!!

Corlea Aanhanger ·

Corlea, jy is vir my die toonbeeld van vroulikheid en jy is pragtig. Ek het al screenshots gemaak om my hare so mooi soos joune te kan sny. Jy is pragtig en ‘n mooi voorbeeld van skoonheid, nie net van buite maar van binne ook.

Marieta Laubscher ·

Ek stem saam. ..Steve is eerste saam met jou. ..dis waaroor ons ure gesit en wag het om kaartjies te kry…jy is pragtig. ..en jou stem gee my hoender vleis. .die klere is fantasmagories. ..gee die met geen smaak n blikkie kitaar en n paar lepels….dit sal hulle in vervoering he…sing asb vir ons …ons waardeer al jul opofferings en liefde vir musiek met hart en siel

foxi ·

Corlea……jy is die mooiste talentvolle sangeres wat ek nog ooit in Suid Afrika gesien het. Jou grimeering…..kostuums (rokke) pas by jou talent. Jy is geseënd met n natuurlike stem, wat so mooi is om na te luister. Ons verkies Corlea…….net soos sy is. Nie n modepoppie wat net haar kurwes wil swaai met stywe jeans en n halfkaal toppie nie.

Susan ·

Ek Stem saam!!!!!!! Corlia is n pragtige mooi mens, haar stem , haar klere drag haar hele houding is stunning , opregte egte boere meisie .
Sy laat my altyd aan die mooiste swaan dink as sy op die verhoog is . Sy is net te pragtig vir woorde . So julle wat gal braak kyk asb na julle self . Jaloesie is n baie lelike ding dit gaan julle nog duur testaan kom . . Los ons afrikaanse sangers uit en bepaal julle by julle self . Moenie na die shows gaan kyk as jy net wil gaan skinder nie .
Ek begeer om nog eendag na so n show te gaan kyk ,maar bly net bietjie ver daarvandaan . Dankie Corlia dat jy oopstaan vir die sangers . Lief jou jy is pragtig .

Jannie Venter ·

Ek stem dat AIG 2016 nie opgeleef het tot die standaard wat in 2015 gestel was nie, MAAR Corlea se verwerking van Skyn Heilig was briljant!! As stoere FPK aanhanger (ja daar was van ons ook in die gehoor) was dit my enigste hoendervleis oomblik!

Lila ·

Ek dog hul sê Afrikaners is plesierig?? Nou wat is hier aan die gang? Goeiste mede volksgenote en afrikaners.. wat is dit met julle? Lykmy mens kan jul net nie tevrede stel nie!!?

Ek wens elke jaar so dat ek nader aan die groot stede gewoon het om die geleentheid te kry om een van die groot konserte te gaan kyk.. en hoor nou net hoe maak sommiges wat als vanselfsprekend aanvaar.. as jy nie van iets hou nie.. dan is dit goed.. maar dis nie te sê iemand anders gaan MAL daaroor wees nie! Dis die ding van die kunste .. as jy dan nie ‘n kultuurdier is nie, bly asseblief weg by daardie konserte sodat ‘n dankbare persoon met waardering vir ons kultuur volgende jaar in jou plek kan gaan!

Denise Cloete ·

Ek kan nie glo iemand kritiseer jou vertonings, grimering en klere nie. Ek was juis van mening jou rok was die mooiste!

Louise Viviers ·

n Mens kan net jouself wees om gelukkig te wees. Die wat jou nie so wil aanvaar nie het n probleem met hul self. Ons nasie kry al so swaar maar nog steeds wil sekere mense die bietjie lig en liefde wat nog oor is in die lewe afbreek. Gun die mense dit wat nog positief probeer lewe .

Rentia ·

Ek wil nie baie se nie…as jy nie van n seker kunstenaar hou of nie sy/haar musiek waardeer nie..hoekom dan om Vaders Naam koop jy n kaartjie waar hulle gaan optree…of is dit juis vir die rede om die galbrakende karakter trekke wat nou in SA heers te kom beoefen..liefde en verdragsaamheid vir jou mede mense is daar nie meer nie..skaam jou

Lettie van der Walt ·

Jou stem gee my hoendervleis. Kan nie wag om optrede te sien nie.

Retha ·

Corlea, steur jou tog asseblief nie asn die gesuglose suurgatte nie, dis omdat hulle glad nie kan sing of ritme het nie, wat hulle so eiers lê. Jou songvanger is die beste ooit en is my selfoon se lui toon. Doe zo voort, ek is mal oor jou musiek en rokke.

Jolanda Bruton ·

Ons ou Afrikaanse volkie. Ek is baie lief vir jou, maar net soms is die afbreek van ander vir ander vie my te veel..

Ai jai jai ·

Ekself oppad na AIG komende Saterdag (nr 5 vir my). Weet hoeveel werk, ure ens. word in die vertonings ingesit. Het familielid wat jare met die Coleske’s bevriend is en al 7 jaar saam met hulle werk by Coleske Artists. En ja, alle musiek van elke kunstenaar val nie noodwendig altyd in my smaak nie. Maar die wat wel, geniet ek ten volle!!!
Dankie aan Lien, Foutlose kritiek, Retha en Trots Afrikaans om die powere spelling van 2cents reg te spel. Regtig 2cents as jy nie seker is hoe om te spel nie moet liewers nie kommentaar lewer nie. Indien jy Engelssprekend is kry iemand wat Afrikaanssprekend is EN kan spel om die nodige vir jou te doen.

Dries ·

Foei tog , bietjie kritiek, die wereld kry jou jammer en deel komplimente uit on jou te laat beter voel. Jy het jou beroep gekies, vat die pyne of gaan skilder tuis under n skuilnaam.

Christo Henrico ·

Ongelukkig is mens net mens en jy kry maar hierdie vaal muis menssies wat niks kon bereik in hulle lewens nie en dan op ander wil probeer trap, verskoon hulle maar hulle is gelukkig in ń baie groot minderheid en ons klomp die meederheid love julle sterre.Hou ons hoog soos altyd ek kan nie wag vir julle 2016 Afrikaans is groot se konsert dvd nie.

Conrad ·

God maak nie foute nie! Almal van ons bly in huise van glas. Oordink dit eers en wees versigtig wat jy uiter, want vir wie kritiseer jy uiteindelik?

Gielie Hill ·

Corlea, jy is ‘n uitstekend opgelei en een van ons beste sangers. “Sonvanger” is baie bekend tot in Nederland. Mens kan nooit almal tevrede stel nie. Al wat my pla is, waar is Afrikaans(alle sangers) se treffers? Dis darem nou lanklaas wat ‘n cd uitgereik is wat die verbeelding aangryp.

Marinda ·

Ek was bevoorreg om die jaar vir die eerste keer by die AIG te wees al die pad van die Kaap af . Dit was absoluut ongelooflik om dit in persoon te kon beleef. Ek dink dit was n groot sukses gewees. As jy gaan om kritiek te lewer bly liewers by die huis. Gaan om dit te geniet. Ek glo nie ons besef altyd wat se organisasie dit behels om so iets te reel nie. Aan almal wat deel was. Wil ek sê dit was absoluut puik . Net om te besef dat al probeer wie ook al wat AFRIKAANS is nog lank nie n taal van die verlede nie.

Uvonka ·

Corlea jy is pragtig, mooi verby nes jy is. Jou stem gee rerig hoendervleisies en in my opinie is jy ons beste vroulike kunstenaar. Jy doen altyd so baie moeite wanneer jy optree, jou hare, grimeering en uitrustings is asemrowend, Moet jou tog nie steur aan enige kritiek nie, siestog hulle weet nie van beter nie. YOU GO GIRL, keep doing what you do BEST!!!

Lulu ·

Dit is vir my deesdae baie opvallend hoe mense reageer op onnodige kritiek. Niemand het deesdae iets goeds vir enige iemand te sê nie. Die een probeer beter wees as die ander. gun almal ‘n plekkie onder die son. Elke mens is seker geregtig op sy eie opinie, maar hou afbrekende kritiek vir jouself.

SUSAN ·

Hoe lekker lag ek nou vir al die kritiek op 2cents. Dink lankal afrikaanse mense wat so graag engels wil wees moet hulle koppe laat lees.

DC ·

AIG is ‘n geldmaak produk wat geskep is deur ‘n groep afrikaanse sangers. Dit volg baie dieselfde resep as skouspel, net in ‘n kleiner formaat. Nou ja, dit gese, as jy nie tevrede is met ‘n “produk” nie dan mag jy jou opinie daaroor lig omdat jy jou hardverdiende geld daarvoor betaal het. Nou ja as Corlea by AIG optree sal ek gaan kyk want ek gaan om na die volle show as ‘n geheel te gaan kyk, nie net vir haar nie. As sy alleen erens optree sal ek nie gaan kyk nie want ek is nie ‘n fan van haar nie. Kunstenaars – onthou kritiek (hoe fel ookal) is deel van in die publieke oog wees en is die prys wat jy betaal vir jou roem en baie geld, so “deal” with it !

SuzieQ ·

Die Afrikanervolk kan nou maar een maal nie saamstaan of saam stem nie. So nydig en afbrekend met mekaar. Wat het geword van verdraagsaameid en naaste liefde ?
Mense , leef en laat leef asseblief, daar is genoeg sonskyn vir ons almal.

SPEEDGUARD ·

HOOR-HOOR SuziQ, hul kan net dood ennvoudig nie saam staan en ander ook ‘n plekkie in die son gun nie, van die Groot trek af tot in in die Kerke. van saamstaan is daar geen teken nie !

Thinus ·

Kritiek is een ding, maar die ou paar suurgatte wat beledigend raak kan gerus by die huis bly!
Doen so voort, Corlea

Louisa ·

Corlea, jy is pragtig net soos jy is!! Die wat so kritiek lewer is net jaloers!
Ignoreer die ou klomp swartgalliges……sulke mense het jy nie nodig in jou lewe nie! Perform vir ons wat jou “Love”..

Louisa ·

Corlea, jy is pragtig net soos jy is. Moenie jou aan ou knorpotte se opinies steur nie. Hulle is groen van jaloesie….!!!!!

Hou aan met wat jy goed doen en ignoreer die ou suurknolle!!

cynthia ·

wat het sy aangehad wat haar so ontstel of die mense onstel. Ek was nie by die konsert gewees nie.

ekke ·

corlea ek lief jou musiek.en jy het die stem.een van jou shows by die skuur in bloem gaan kyk,het gehoop my man hou van dit want opera is nie ons groot liefde ni. en was ons verbaas….. het ons gate uit geniet.jou humor .jou optrede. .jou stem gee mens hoendervleis.en jy het die talent en gawe.en soos hul se… plat op die aarde boeremeisie

FM ·

Afrikaners besef julle hoe lekker lag mal Ema as hy hierdie bakleiery tussen Afrikaners sien en lees. Hoe kan n mens jou kultuur en taal bevorder as hier so n moddergooiery plaasvind tussen ons. Ons versterk indirek die vyand. En ons vyand nommer EEN is die een wat praat van afrikaner boytjies. Staan eerder saam teen die Satan.

Bert Schoeman ·

Corlea, Jy is ‘n Superster en ons geniet al jou vertonings! Jou uitrustings is deel van jou verhoogpersoonlikheid en laat jou verder uitstaan. Jou stem……….jy gaan nie maklik iemand anders kry wat soos jy kan sing nie!!! Jy gee mens hoendervleis met daardie stem. Hou so aan. Ons mis GEEN AIG nie! Jy en Jannie saam maak ook ‘n FANTASTIESE kombinasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.