Híér is 2018 se rykste bekendes

Die skepper van die bekende filmreeks Star Wars, George Lucas, is vanjaar aangewys as die rykste glanspersoonlikheid in die VSA. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Forbes stel jaarliks ’n lys van die rykste glanspersone in die VSA bekend.

Vanjaar het die bekende filmreeks Star Wars se skepper, George Lucas, koning gekraai met sy $5,4 miljard netto waarde wat grotendeels toegeskryf kan word aan die $4,1 miljard wat hy gemaak het toe hy sy filmproduksiemaatskappy, Lucasfilm, aan Disney verkoop het.

Ander bekendes soos Steven Spielberg, Oprah Winfrey en die 21-jarige Kylie Jenner maak ook hul verskyning op die lys.

Jenner se naam verskyn vir die eerste keer op dié lys danksy haar skoonheidsmaatskappy Kylie Cosmetics. Forbes verwag dat Jenner binnekort die jongste selfgemaakte miljardêr ooit ter wêreld sal wees.

Hier is Forbes se top-10 rykste Amerikaanse bekendes:

  1. George Lucas ($5,4 miljard netto waarde)
  2. Steven Spielberg ($3,7 miljard)
  3. Oprah Winfrey ($2,8 miljard)
  4. Michael Jordan ($1,7 miljard)
  5. Kylie Jenner ($900 miljoen)
  6. Jay Z ($900 miljoen)
  7. David Copperfield ($875 miljoen)
  8. Diddy ($825 miljoen)
  9. Tiger Woods ($800 miljoen)
  10. James Patterson ($800 miljoen)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

sus ·

Al hierdie geld beteken niks as jy nie God eerste plaas in jou lewe nie.

SK ·

Sus, ek stem 100% saam met jou. Ek se nie hulle is almal ongelowig nie maar ek dink tog baie min van hulle besef hoe arm hulle eintlik is!

charmaine ·

Dis lekker ja maar hoe gelukkig is hulle as mense regtig en ek stem saam met Sus, God vra nie wie is jy en hoe lyk jou bankstaat nie.

Anoniem ·

Stem saam met jou sus. Gedink hoeveel honger mense kan gevoed word.

Anoniem ·

Ek stem saam sus. “Wat baat dit die mens as jy die hele wêreld win, maar aan jou siel skade ly”. Ons GAAN eendag hierdie lewe verlaat en wat dan…? Geld en besittings kan jy nie saamneem nie. Mense jaag geld asof hul lewe daarvan afhang. Die werklike belangrike dinge soos jou man, jou vrou, kinders, die mense om jou… Dit tel nie. Dis net die grootste, blinkste motor, groter huis, beter voorstad, beste skole.. maar ons kinders gaan nie meer Sondagskool toe om van Jesus te leer nie.

GM ·

Dis waar, mens vat nie die geld eendag saam graf toe nie, maar party werk regtig hard vir wat hul het, terwyl ander op die belastingbetaler se rug ry. Of jy nou hard werk of nie, iemand gaan kla.

Daar is mense wat welaf is wat ‘goeie’ harte het. Netso is daar baie armmense wat ‘swart’ harte het.
En ek stem saam, soveel geld kan baie honger mense voed, maar my teenvraag is: Hoekom word daar altyd van ‘n hardwerkende persoon verwag om sy geld uit te deel aan mense wat sukkel? Dis een ding as jy hard werk en sukkel, maar ‘n heeltemal ander ding om te sukkel omdat jyself te luigat is om te werk, en dan nog kind op kind kry. Daarmee sê ek nie mens moenie mense help nie, maar mens help nie mense deur vir hul als te gee nie – jy help hul deur vir hulle ‘skills’ aan te leer sodat hulle kan WERK om hulself uit hul situasie uit te kry.
Maar ek kom seker nou onsensitief voor, en dit is ek glad nie.
Onthou net – Baie van ons is ‘ryk’ in die oë van die persoon wat minder as ons verdien, so ons mag nie kla oor belastinggeld wat ons moet betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.