Pienkvoet vir ‘Boerepompie’-sanger, vrou

Ricus Nel, sy vrou Lisa en hulle babadogtertjie, Lisa-Bella. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Die sangerspaar Ricus Nel en Liza Brönner het Donderdag ʼn babadogtertjie verwelkom.

Nel, bekend vir liedjies soos “Boerepompie” en “Harde kole”, het in Maart vanjaar aangekondig hulle word ʼn dogtertjie ryker.

Hulle is reeds die ouers van ʼn seuntjie, Dawid, wat op 22 November 2018 gebore is.

“Vandag word my meisiekind, Lisa-Bella, gebore. Dankie Here dat U by ons gaan wees,” het Nel Donderdag op sosiale media gesê.

Duisende mense, asook die span van Afrikaans is Groot, het die egpaar gelukgewens met die geboorte. Hulle het ook twee foto’s gedeel van die egpaar en hulle nuwe bondeltjie vreugde.

“Wat ‘n spesiale dag! Mag hierdie tyd vir julle soveel geluk inhou. Sy is pragtig.”

Nel en Brönner is op 26 Januarie 2013 getroud.

Klein Lisa-Bella is Donderdag gebore. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.