Soorte resepte:

Resep: Arno Jordaan se hoendernoedelgereg

Arno Jordaan se hoendernoedelgereg (Foto: Lapa Uitgewers)

Die sanger, Arno Jordaan, se hoendernoedelgereg is die perfekte dis om tydens jou volgende braaikuier op te dien.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 heel gaar hoender, fyngesny
  • 500 ml (2 k) gaar, klein skulpienoedels
  • 125 ml (½ k) mayonnaise
  • 55 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
  • 440 g (1 blik) pynappelstukkies met sap
  • 125 g (1 pak) tamatiegeur-skyfies, fyngemaak

Metode

  1. Meng hoenderstukkies en noedels in mengbak.
  2. Meng mayonnaise, sampioensoppoeier en sap van pynappelstukkies tot glad en roer by hoendermengsel.
  3. Voeg pynappelstukkies by hoendermengsel en roer deur.
  4. Skep hoendermengsel in oondbak wat met kossproei gespuit is.
  5. Sprinkel fyngemaakte skyfies bo-oor.
  6. Bak vir 30 minute tot souserigheid verdik het.
  7. Sit saam met ʼn mengelslaai voor.

Bron: Sterkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Linda

Simba maak nie meer Tamatiegeur chips nie?