Die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, Jana Strydom, en haar man, Hannes Kruger, het vandeesweek hul derde pienkvoet in die wêreld verwelkom.
Strydom het Vrydag ʼn foto van die nuwe pienkvoet, ʼn babadogtertjie met die naam Anouk, op Instagram gedeel. “Welkom aan ons kosbare pasgebore Anouk. @jdbkruger07 my lewe saam met jou is ʼn heilige ontmoeting. Dankie dat jy jy is,” het die aktrise by die foto geskryf.
Jana het in April aan Sarie gesê sy en haar man is onkant betrap deur die nuus dat sy vir ʼn derde keer swanger is, maar sien die swangerskap as ʼn “skat uit die hemel”. Die aktrise en haar man het reeds twee kinders, Ohan (7) en Luka (4).
Jana is onder meer bekend vir haar rolle in Erfsondes, 7de Laan en Boland Moorde.
Wat is so wonderlik daaraan baie vroue kry baba’s of is dit dat sy hoer geag word as ander vrouens omdat sy n aktrise is.
Martie, ek stem saam. Ek mis die nuuswaardigheid van die berig.
Ihs. Dit is lelik. Weet jy bedoel dit nie, maar kyk jou spelling! Dit moet “hoër” wees.
Liewe genade,
Ons word absoluut deur die media insluitend tydskrifte, koerante ens ens oorval met “beroemde” dames se swangerskappe. Dit raak nou afgesaag. Enige nuwe onderwerpe?
Dis vir my altyd verstommend dat mense “onkant” betrap word met ‘n swangerskap. Julle weet hoe werk die biologie?
Koos, ja hoe laat jy my nou lag!
Ek stem- veral as hul dalk èffe ouer is. Nee wat, swangerskappe is selde nuus! Hoe onkant kan mens nou betrap word? Tsk tsk tsk
Hoekom lees julle dit nog en lewer kommentaar. Hou verby. Lekker nuuskierig nè