Die voorvervaardiging vir die fliek gegrond op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek, Vaselinetjie, het pas begin en oudisies vir jong akteurs vind binnekort plaas.
Vaselinetjie handel oor die grootwordjare van Helena Bosman, ʼn meisie met die bynaam Vaselinetjie wat deur haar bruin grootouers grootgemaak is, maar dan in ’n weeshuis beland omdat sy wit is. In die weeshuis moet sy haar naïwiteit staak om haar eie oorlewing te verseker.
Sy raak verlief op Texan Kirby, ʼn aantreklike en vurige seun in die weeshuis. Dié ontmoeting noop haar om te besin oor haar herkoms.
Die rolprentspan spring eersdaags weg met ’n landwye soektog na akteurs om die rolle van die hoofkarakters te vertolk. Hulle is op soek na meisies tussen die ouderdomme van sewe en 22 jaar en seuns tussen die ouderdomme van tien en 13 jaar en ook tussen 16 en 22 jaar. Die perfekte akteurs is lig van gelaat en het donker hare.
Die inligting oor die oudisies:
Johannesburg
16, 17 en 18 Feburarie
Plek: The Film Factory, Northcliff Atrium, Beyers Naudé-rylaan 189, Northcliff
Kaapstad (Stuur ’n e-pos aan [email protected] om te bevestig)
26 en 27 Februarie
Noord-Kaap (Stuur ’n e-pos aan [email protected] om te bevestig)
Upington: 1 Maart
Springbok: 2 Maart
Calvinia: 3 Maart
Kontak die rolprentspan deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected].
Hi I am exceptionally interested in auditioning, I would just like to know where will the audition be taking place? As well as what we need to prepare for the audition.
Kind Redgards
Ryan
Hi Ryan
As stated in the article, please contact the producers by sending an e-mail to [email protected].
Best regards
Suné
obo Maroela Media
Hi Ryan
Please note, as the article states, the auditions were only open between February and March.
Please contact the film crew at [email protected] – the contact details provided in the article.
Best regards
Suné
obo Maroela Media
Ek stel baie belang in n oudisie in Kaapstad 26 of 27 Februarie. Kan u my asb laat weet of daar nog plek is en wat ons alles moet voorberei.
Dankie.
Dagsê Nicola
Volg gerus die inligting in die berig en kontak rolprentspan deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected].
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek wil baie graag inskryf vir die oudisie in springbok. is daar nog plek, en is daar n leesstuk om voor te berei?
Hi
My naam is Sam De Waal.Wil graag net my terleursteling uit spreek.My kliënt ,Shannon Williams het twee week gelede n bespeking vir Kaap Stad odisies gemaak…Sy het Maandag die 22ste n e-pos ontvang wat beweer dat odisies vol bespreek is maar toe Sy bestemming doen was daar minder as 20 mense vir Kaap Stad op odisie Lys.Is daar nie n moontlikheid dat Sy n kans gegee word vir odisie nie?