Leon van Nierop se resensie: The Defeated

The Defeated (Netflix)  ****
Met Taylor Kitsch en Nina Hoss
Regisseurs: Verskeie

Veral mans sal van hierdie dramatiese reeks hou wat afspeel enkele jare ná die Tweede Wêreldoorlog toe Berlyn in vier dele verdeel was, nog voor die Berlynse muur opgegaan het. ‘n Vroulike Duitse polisiebevelvoerder probeer wet en orde in ‘n verskeurde en geplunderde wrak van ‘n stad (Berlyn) handhaaf, maar slaag nie daarin nie. ‘n Amerikaanse polisieman (Taylor Kitsch) daag op om haar te help en orde te skep. Maar daar is verskeie verraaiers in haar geledere en min mense wil hê sy moet slaag.

Hierdie is ‘n pakkende oorlogdrama wat wys dat ‘n oorlog nooit werklik verby is nie. Die chaos wat heers, die haat van mense teenoor mekaar, natuurlik steeds ook vooroordeel teenoor Jode, en onverwagse vriendskappe wat gevorm word, gee aan die reeks ‘n spesifieke en verrassende voorkoms. Dit is anders as waaraan jy gewoond is.

As jy boonop Logan Marshall-Green se naam sien, behoort jy te weet, hier kom ‘n ding. Hou net in gedagte die reeks is taamlik wreed en is nie geskik vir mense wat maklik kop wegdraai as daar geweld plaasvind of bomme bars nie.

Aanbeveel op Netflix.

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SlinkseKoljander ·

Gaan kyk die nuwe Seal Team cartoon, gebaseer op Kaapstad.
Baie oulik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.