Resensie: Dahmer-gruwelreeks knaag selfs senuwees van staal

DAHMER – MONSTER: THE JEFFREY DAHMER STORY
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10
Met Evan Peters en Richard Jenkins
Skepper: Ryan Murphy en Ian Brennan
(Slegs op Netflix)
 
Ryan Murphy is al ʼn ou hand wanneer dit by reeksmoordenaar-reekse kom. Dink aan The Assassination of Gianni Versace om maar een te noem. Nou takel die suksesvolste vervaardiger in moderne televisie die Jeffrey Dahmer-gruwelstorie.

Hoekom sal jy wil kyk na ʼn reeks waarin ʼn psigopaat 17 seuns ontvoer, vermoor en dan gruwelike goed aan hulle doen? Want almal praat daaroor. Dit is Netflix se suksesvolste reeks nóg, en jy moet kan saampraat.

Goed, daar is grusame tonele, maar Dahmer gaan veral oor die invloed van die reeksmoordenaar op die Amerikaanse psige, die lotgevalle van sy slagoffers se families, en die onbekwaamheid van die polisie. Hulle het hoeveel leidrade gehad, maar dit nooit opgevolg nie. Hulle moet eintlik in die beskuldigdebank staan.

Evan Peters as Jeffrey Dahmer. (Foto: IMDb)

Dahmer – Monster: The Jeffrey Dahmer Story word net aanbeveel as jy sterk senuwees het, nuuskierig is oor wat werklik gebeur het en hierdie soort gruwelstorie kan hanteer. Jy is gewaarsku.

Hoekom dit dan aanbeveel? Want soms is daar dinge waarvan jy moet weet om die waarskuwingsligte betyds te sien. Evan Peters is ontsenuwend briljant as die monster, maar let op al die waarskuwings.

Dahmer – Monster: The Jeffrey Dahmer Story kan jou uit jou verstand skok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wonder ·

Ek het die series gekyk van sy “tapes”. Dit mag dalk rof klink maar is interesant, wat het die man se brein laat tiek en dan nog alles herken weet hyt fout gemaak maar nogsteeds dit gedoen… Scary om te dink daar is sulke mense in die wereld sonder dat mens weet hulle lewe by jou..

BOKKIEBEK ·

Scary ja, maar as ek sien die verwerping wat hy deurgegaan het, en die pa wat ook “in to” sulke dade (met diertjies en so aan)was, kan ek dit nogals verstaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding, en kan ‘n mens heeeeeltemal die plot laat verloor. Nie almal kan dit verwerk nie. Daarmee saam se ek beslis nie dis reg nie, ek kyk maar net na die omstandighede….

Linda ·

Taksiedermie is n beroep, en dis wat sy Pa gedoen het as stokperdjie. Dooie diere opgestop. Hy het hulle nie gemartel of doodgemaak nie, so jy kan nie sê hy het dit van sy pa geleer nie. Sy ma was meer van die pad af met al haar pilslukkery.

kommentaar ·

ek het dit ‘n baie goeie reeks gevind. Ek praat dit nie goed nie, maar sal wel as ek weer iets oor hom lees dit vanaf ‘n ander inslag lees en ervaar.

Snowball ·

Die reeks was uitstekend. Aanvanklik wil ‘n mens hom verag vir dit wat hy gedoen het, maar jy word ook ingetrek in sy skeefgetrekte psige, deur die insetsels van sy kinderdae en die deurskemering van waar die ‘wiring’ dalk skeefgeloop het, totdat jy aan die einde selfs met empatie na hom kan kyk. Sy gelate aanvaarding van sy lot wanneer hy vermoor word in die tronk, asof hy sy skuld so kon betaal, asof sy eie lewe nie werd was om voor te baklei nie, was ontstellend en laat mens met baie vrae oor psigiese ontwikkeling – hoe party mense vreeslike trauma kan deurmaak en ok is terwyl ander soos Dahmer so heeltemal aweregs uitdraai. Evan Peters was onbeskryflik goed!

RS ·

Die storie is gruwelik, maar word goed vertel. Hartseer dat sulke goed in ons samelewing gebeur. Dis hoekom die vertel van die storie so belangrik is, bewusmaking. Die risiko nou is na-apers. Gaan kyk gerus ook die ander dokumentere stories wat oor Dahmer en ander reeks moordenaars handel.

Susanna ·

Baie intense reeks. Sou graag wou hê dat Dahmer se pa sy brein skenk vir navorsing

Ronel ·

Dit was so vervelig, het nie eers klaar gekyk nie, die Dahmer tapes is meer interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.