Buitelug babaproduktemark weer in Pretoria aangebied

Marelize Boersema en Janet Steenkamp (Foto verskaf)

Suid-Afrika se grootste buitelug babaproduktemark, die Flair Baby & Toddler Market word weer vanjaar aangebied.

Daar word voorsiening gemaak vir alle fases van swangerskap asook ouerskap en dit is ’n geleentheid wat jy nie wil misloop nie.

Op 26 en 27 November 2022 kan jy ook deel wees van ’n opwindende naweek vol opvoedkundige pret en plesier by die Stadio-kampus in Centurion. Daar is boonop ʼn spesiale Swart Vrydag-aanbieding van 25%-afslag op ʼn totaal van vier of meer kaartjies wat saam gekoop word.

By die mark kry jy alles wat jy nodig het en wil hê vir jou ongebore baba, baba, kleuter en kinders. Koop enigiets van boepie tot baba!

Die Flair Baby & Toddler Market is een van die lekkerste, kindervriendelikste uitstappies vir die gesin – waar ma rustig inkopies kan doen, pa kan ontspan in die buitelug-kosarea, en kinders in ‘n veilige omgewing kan speel (en leer). Dit alles is ingesluit by die ingangskaartjie.

Daar is ook ʼn area wat spesiaal vir mammas ingeruim is om hul babas se doeke te ruil, sowel as ‘n borsvoedingsarea vir nuwe mammas.

Die Flair Baby & Toddler Market is gestig en word bestuur deur twee beste vriendinne, Marelize Boersema en Janet Steenkamp. Hulle is ook albei die trotse mammas van twee dogtertjies en die mark het ontstaan as gevolg van hulle eie behoefte aan so tipe ondervinding.

Flair Baby & Toddler Market is ʼn buitelug babaproduktemark wat die beste plaaslike handelsmerke in Suid-Afrika ten toon stel. Jy sal ook alles kry wat jy nodig het om jou nuwe baba te verwelkom. Koop babaklere, stootwaentjies, herbruikbare doeke, babaprodukte, en meer – teen spesiale aanbiedinge.

“Kom geniet ‘n inkopie-ervaring soos geen ander nie terwyl jy jou plaaslike ma-ondernemers en klein besighede ondersteun,” sê Janet Steenkamp. “Ons sien daarna uit om deel te wees van hierdie nuwe hoofstuk in jou lewe.”

Die Flair Baby & Toddler Market het in 2013 sy deure oopgemaak en spog al met ʼn totaal van meer as 23 markte. Hierdie markdae het al meer as 500 unieke uitstallers verwelkom, asook meer as 60 000 besoekers.

“Ons het ook spesiale koepons op die spel, opwindende babakompetisies, ‘n buitelug eet- en drinkarea, en baie vermaak en aktiwiteite vir die kinders,” voeg Marelize Boersema by.

En wag, daar is nog meer. Daar gaan elke dag drie insiggewende sessies wees oor:

  • gesondheid en huisveiligheid;
  • basiese beginsels van slaap; en
  • vroeë breinontwikkeling.

(Registreer aanlyn om ‘n sessie by te woon. Elke deelnemer kry ʼn gratis Bennets-geskenkpak.)

Kaartjies is R100 per persoon en toegang is gratis vir kinders. Vermy die ry en koop jou kaartjies vooraf aanlyn om teleurstelling te voorkom. Jou ingangskaartjie skryf jou ook outomaties in vir die Flair-geskenkpakkompetisie.

Klik hier om jou kaartjies sommer nou te koop.

Wat is daar vir die kinders om te doen?

  • Toweroptredes
  • Gesigverf (gratis vir alle kinders)
  • Ballonne vou (gratis vir alle kinders)
  • Kom sê hallo vir Lambie: Flair se eie skaapgelukbringer!
  • Buitelugspeelarea deur Furniture Little
  • Pick-and-Paint Ceramic (kies een van vele ornamente om te verf. Koste is wel van toepassing. Items word individueel geprys.)

Die twee vriendinne poog om die beste plaaslike talent na hul mark te bring en sien uit daarna om dié jaar op ’n hoë noot af te sluit.

“Ons kies spesiaal oorspronklike en unieke produkreekse en bring elke keer nog nuwe en opwindende verskaffers,” vertel Steenkamp verder.

Die Flair Baby & Toddler Market spog vanjaar ook met meer as 80 eksklusiewe baba- en kleuterverkopers en beloof om nie teleur te stel nie.

Klik hier vir meer: https://www.flairmarket.co.za/

Of klik hier om jou kaartjies te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.