Die tweede Gauteng Pinotage & Biltongfees vind vanjaar op Saterdag 13 Oktober (ook Internasionale Pinotage-dag) en Sondag 14 Oktober plaas van 11:00 – 17:00 by die Leriba Hotel in Centurion naby Pretoria.
Wynliefhebbers, geklee in die fees se wit-en-pers-kleurskema kan die dag omkuier terwyl hulle proe aan van die beste pinotage-wyne in Suid-Afrika, saam met verskillende biltong-soorte, aangebied deur Pretoria se eie Billa B en Co Biltong Deli.
Feesgangers kan wyn koop en saam met heerlike geregte van die Leriba Hotel geniet of dit huis toe neem. Gekeurde stalletjies en ʼn kunsuitstalling deur die Kretchmann Galery asook aktiwiteite vir jonk en oud deur Laser Adventures rond die dag af.
Kleredrag vir die fees: Pers en Wit. Pryse word vir die oulikste kostuums uitgeloof, geborg deur Simonsvlei.
Koop jou kaartjies: www.plankton.mobi (Saterdag) en (Sondag) en www.computicket.com
Algemene kaartjies: R250 pp as jy vooraf aanlyn bespreek of by die ingang teen R300. Jou kaartjie sluit die volgende in: ʼn kristal wynglas, gratis proeë van ongeveer 30 pinotage-wyne en die feesproe van 18 biltongporsies saam met 18 van die wyne.
VIP-kaartjies: R500 pp. Ideaal vir groepe vriende en ondernemings as ʼn spanboudag. Die kaartjie sluit bogenoemde in plus ʼn privaat fees-area, ʼn verwelkomingsdrankie en kaasbord by aankoms in met ʼn lekker koppie koffie en iets soets om te eet voor die pad huis toe aangepak word.
Gratis toegang vir onder 18’s. Kinders is welkom. Laser Adventures bied aktiwiteite aan vir groot en klein teen ʼn minimale fooi elk.
VERANTWOORDELIKE GEBRUIK VAN ALKOHOL
Geen alkohol sal aan onder 18’s beskikbaar wees nie. Die feesorganiseerders ondersteun verantwoordelike alkoholgebruik en beveel openbare vervoer aan. Kontak gerus Leriba Hotel by 012 660 3300 om meer uit te vind oor hulle akkommodasie-feespakette.
Vir verdere inligting, besoek www.cvomarketing.co.za
Volg #pinotbiltongfest op sosiale media om op hoogte te bly.
Pinotage en Biltong is twee ikoniese plaaslike produkte wat perfek bymekaar pas.