Wes-Kaapse aanhangers van die Afrikaans is groot-konsertreeks kan vanjaar uitsien na ʼn enkele vertoning uit dié reeks wat volgende jaar in Kaapstad gehou gaan word.
Organiseerders van die konsert het dié nuus Vrydag in ʼn prettige video saam met die sanger Snotkop op sosiale media bekend gemaak.
Die konsert word volgende jaar op 17 Maart by die Grand West Casino gehou.
“Ek het nou net ʼn meeting gehad met die mense van Afrikaans is groot – en ons kom Kaap toe!” vertel Snotkop. “Maak seker jy kry jou kaartjies; hulle gaan vlieg want dis die grootste konsert in die land.”
Vanjaar se Gautengse Afrikaans is groot-konserte word vir die eerste keer in die Time Square Arena by die splinternuwe Menlyn Maine-winkelsentrum aangebied. Die konsertreeks is die afgelope paar jaar in die Moreletapark-gemeente in Pretoria se ouditorium gehou.
Die eerste Gautengse konsert vind plaas op 24 November. Kaartjies vir al die konserte, buiten vir Kaapstad, is egter reeds uitverkoop.
Kaartjieverkope vir die konsert in Kaapstad open op 23 November om 09:00. Vir meer inligting, besoek Afrikaans is groot se Facebook-blad.
Afrikaans is groot, maar Snotkop het ‘n “meeting”. Nee man: is jy skaam om te praat van ‘n Vergadering?
Really ? Kan nie glo iemand moan oor ‘n enkele engelse woord nie … Get ‘n life !!
Stem
Ja nee , dis wragtag nie cool nie.
Een stuk van ‘n gogga in die sop: Sommige weier dit, ander eet maar.