Rea le Roux
Als van jou is ‘n liefdesalbum wat gaan oor romanse sowel as die kompleksiteit van verhoudings. Die album gaan oor die wonderlike gevoelens van verlief wees, maar ook die bitter teleurstellings van verhoudings wat seer geeindig het …
Die liedjies is nog nooit voorheen opgeneem nie, en het ‘n baie moderne Afrikaanse pop klank wat in lyn is met internasionale pop klanke …en uitsonderlik deur Rea le Roux vertolk word. “Sit ‘n bietjie liefde in jou hart”, “Hemelruim”, “Als van jou”, “Mis jy my”, “Gee vir my jou hart” en “Oral waar jy gaan” is opgewekte liedjies wat verliefdes aan hulle bemindes kan sing en opdra …
Met “Een tree agter jou”, “Jy is crazy beautiful”, “Daar’s ‘n vrou wat wag” en “Ek gaan nie meer huil oor jou nie” wys Rea le Roux haar meer ernstige kant as sangeres, en enige persoon wat al ‘n liefdesteleurstelling ervaar het, sal met die liedjies kan identifiseer. Die ervaringe waaroor Rea le Roux sing is universeel en hopelik kan ‘n gebroke hart wat na hierdie liedjies luister weet hulle is nie alleen nie. (Storm Rekordz)
Speellys
- Sit
- ‘n bietjie liefde in jou hart
- Hemelruim
- Een tree agter jou
- Jy is crazy beautiful
- Als van jou
- Mis jy my
- Daars ‘n vrou wat wag
- Gee vir my jou hart
- Oral waar jy gaan
- Ek huil alleen
- Feeverhaal
- Ek gaan nie meer huil oor jou nie
- Mis jy my (BiGG T Remix)