Die produksie Brel & Piaf: Paryse tweesang, met Herman van den Berg en Jolette Odendaal, ontsluit die betekenis van die Franse liedjies van Jacques Brel en Édith Piaf sodat Afrikaanssprekendes al die fyner nuanses daarvan kan verstaan.
Dit is Dinsdag 8 November om 20:00 in die Atterbury-teater in Pretoria te sien.
Naòmi Morgan is die verteller en agter die klavier sit Matthys Maree. Chris van Niekerk is die regisseur.
Morgan en Bernard Odendaal van die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat het reeds 40 van Brel en 15 van Piaf se beroemdste liedere in Afrikaans vertaal en dit is hierdie liedjies waarna die gehoor in die Atterbury-teater kan uitsien.
Die produksie was vanjaar baie gewild by die Woordfees op Stellenbosch en op die KKNK op Oudtshoorn.
Kaartjies is by Computicket te koop.
Jy kan ‘n dubbelkaartjie na hierdie vertoning wen! Skryf aan ons in jou mooiste Afrikaans waarom jy graag hierdie vertoning wil bywoon – laat die romantiese digter in jou na vore kom! Stuur jou inskrywing aan [email protected] met “Brel & Piaf” in die onderwerpveld.