Francois du Toit in Aardklop-uitvoering by Affies

Francois du Toit (Foto: verskaf)

Liefhebbers van klassieke musiek kan uitsien na ’n solo-uitvoering deur Francois du Toit op 6 Maart by Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Die uitvoering word aangebied deur Aardklop Aubade en is eerste van sy soort vanjaar.

Du Toit is ʼn Kaapstadse pianis wat gereeld optree saam met bekende orkeste en is ewe bekend as solis en ook vir ensemblespel in uitvoerings van kamermusiek. Die Universiteit van Kaapstad waar Du Toit medeprofessor en hoof van klavier is, het hom in 2017 vereer met die Creative Works-prys en die Molteno-medalje vir sy bydrae tot musiek.

Die uitvoering sluit in ʼn scherzo van Chopin, ʼn impromptu van Schubert, ʼn sonate van Haydn asook werke van Mendelssohn en Gershwin.

Aardklop Aubade is reeds gevestig as ʼn tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek.

Bespreek kaartjies op die webwerf. Stuur e-pos na [email protected] vir meer inligting oor die Aardklop Aubade-konsertreeks.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.