Klassieke duo in Aardklop-uitvoering te sien

Die pianis Malcolm Nay en violis Zanta Hofmeyr. (Foto: Verskaf)

Alombekende werke vir viool en klavier deur Mozart en Franck word deur een van Suid-Afrika se gewildste klassieke musiekduo’s uitgevoer.

Op 10 April is die violis Zanta Hofmeyr en pianis Malcolm Nay by Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria te sien by dié uitvoering wat deur Aardklop Aubade aangebied word.

Hofmeyr is ʼn gevestigde violis met opleiding by die Juilliard School of Music in New York, en Nay ʼn bekende pianis en medeprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Die voorprogram bestaan uit ʼn klarinet-uitvoering deur Henré van Rooyen, ʼn gr. 10-leerder van Affies, en hy word deur Jannie le Roux begelei.

Aardklop Aubade is reeds gevestig as ʼn tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek.

Kaartjies vir die vertoning kos R190 en R150 en kan by Ticketpro bespreek word. Stuur e-pos na [email protected] vir meer inligting oor die Aardklop Aubade-konsertreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.