Kom sokkie saam met Maroela Media!

Die Maroela Media-span het al omtrent kopgekrap oor hoe om die Maroela-gemeenskap by een geleentheid te betrek. Uiteraard is dit feitlik onmoontlik om Afrikaanssprekendes van oor die hele land en Namibië uit te nooi na ʼn geleentheid waar almal heerlik saam kan kuier.

Dit is egter ʼn droom wat nou verwesenlik gaan word. Kom sokkie saam met Maroela Media en Kurt Darren van 8 tot 11 Maart 2024 op die splinternuwe MSC Splendida wat vanaf Durban na die Portugese Eiland gaan vaar. Daar word gepoog om dié boot te vul met die meeste Super Sokkie-gaste nog.

Dié Super Sokkie-bootreis beloof om soos geen ander een te wees nie. Nie net gaan Suid-Afrika se eie kaptein, Kurt Darren, saam kuier en sing nie, maar Juanita du Plessis, Early B en Justin Vega, Jay en Lianie May, Nicholis Louw, Jakkie Louw, Dirk van der Westhuizen, Samantha Leonard en Ray Dylan nooi alle Afrikaanse musiekliefhebbers uit om saam met hulle op die MSC Splendida te skoffel en kuier.

Maroela Media gaan ook sorg vir heerlike pret op die dek. Daar sal onder meer ʼn paar verrassings wees met opwipvertonings in die verskillende lokale.

Bring jou familie, vriende en sommer almal wat jy ken saam. Kom ons maak die boot vol met Super Sokkie-gaste!

Bespreek nou jou kajuit vir die Super Sokkie-bootreis.  ʼn Deposito van slegs R3 000 verseker jou kajuit, en die res is betaalbaar voor die aanvang van die bootreis. Die prys van die bootreis sluit ook ses maaltye per dag in.

Moenie hierdie reis van ʼn leeftyd misloop nie. Sien jou daar!

Vir enige verdere inligting, vul die vorm in en ons maak seker al jou vrae word beantwoord:

Die navrae is gesluit.

Vir meer inligting oor die Super Events-bootreise,  besoek Super Events se webblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.