Kunsmusiek Sondag in Foxwood

Van links na regs: Anina Wasserman (koloratuursopraan), Lizelle le Roux (violis) en Andries Aldrich (bariton). (Foto: Verskaf)

Is jy uitgehonger vir ʼn konsert met kunsmusiek op die program? Dan behoort dié brokkie goeie nuus ʼn huppel in jou stap te sit.

Die Foxwood-teater in Houghton, Johannsburg, bied Sondag (28 Maart) The Art of Music aan,  ʼn uitvoering bestaande uit bekende arias, Broadway-treffers en Suid-Afrikaanse kunsliedere.

Uit die Fanz Lehár- operette Die vrolike weduwee is “Vilja” ingesluit en daar is ook Neapolitaanse gunstelinge soos “Santa Lucia”, Broadway-treffers soos “Some Enchanted Evening” en Afrikaanse kunsliedere soos “Die sewe Boerneef-liedjies” van Pieter de Villiers en “Heimwee” van S le Roux Marais.

Die kunstenaars wat optree is Anina Wasserman (koloratuursopraan), Andries Aldrich (bariton), Lizelle le Roux (violis), Elise Lemmer (pianis) en Susan Steenkamp-Swanepoel (pianis).

Wasserman is opgewonde oor die uitvoering, “natuurlik oor die wonderlike musikante en fantastiese programsamestelling,” meen sy.

The Art of Music begin Sondag om 12:00 en kaartjies kos R 150. Die Foxwood-restaurant sal versnaperings en middagete voor en na die konsert bedien. Besprekings vir konsert en restaurant kan gemaak word deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] of [email protected].

Die teater is by Vyfde Straat 13, Houghton Estate, Johannesburg. Navrae: 011 486 0935.

  • Alle Covid-19-regulasies sal streng gevolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.