[Luister] Jacobus Silwer sprei vlerke met ‘genade’-debuut

'n Skermskoot uit Jacobus Silwer se liedjie "Genade vir Afrika".

‘n Skermskoot uit Jacobus Silwer se liedjie “Genade vir Afrika”.

Die sanger en liedjieskrywer Jacobus Silwer het onlangs baie aandag getrek met die debuutliedjie vir sy solo-loopbaan, “Genade vir Afrika”.

Dié liedjie is ʼn inisiatief wat voortspruit uit die erge droogtes waaronder boere gebuk gaan, en verseker dat dié sanger ’n golf in die musiekbedryf teweegbring. “Ek het aan die liedjie begin skryf voordat die ergste droogtegreep die land begin wurg het. Nou, met die onlangse droogtes, spreek dit net nóg harder,” het hy gesê.

Dit is egter nie al betekenis wat die liedjie dra nie. “Dit gaan oor droogtes in mense se lewe. Dis ʼn metafoor vir almal se seer en eensaamheid ook.”

Die musiekvideo vir sy liedjie is binne die eerste vyf dae van vrystelling meer as 8 000 keer op YouTube gekyk.

Hoewel Jacobus ʼn voormalige lid van die Select Musiek-groep, Silwer & Goud, is, hoop hy dat dié liedjie sy solo-loopbaan ’n ekstra hupstoot sal gee.

Aanhangers kan met hom kontak maak op sy Facebook-blad of by 071 116 4425, of andersins ʼn e-pos stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henri

Stel voor ons ondersteun die sanger, leer die woorde en sing saam as ons toi-toi lied.
Jacobus, is dit moontlik om jou lied te vertaal, sodat die engelse kan saamsing asb?

Jenny Thom

Jacobus, wat ‘n pragtige lied. Wil so graag vra. Wil jy in plaas van Here, ABBA sing nie. Hy is ons ABBA Vader en ons enigste Redding. Baie dankie, sit met trane in my oe. Hy is ons enigste Toevlug en onder Sy Vlerke kan ons skuil. Hy sal ons nooit as te nimmer versaak nie. Ons moet net onvoorwaardelik onsself weereens aan Hom toevertrou. Ons ABBA Vader!!! Jy moet Hom liefhe met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou kragte. Die mense verstaan dit nie. Hy is ‘n jaloerse God/Elohim/YHWH en soek jou onvoorwaardelik… Lees meer »