Luister: Kurt Darren vier massiewe mylpaal

Martin Bester van Jacaranda FM vier saam met Kurt Darren sy groot mylpaal. (Foto: Facebook/Kurt Darren)

Kurt Darren is al vir 26 jaar een van die land se grootste kunstenaars en sy jongste mylpaal is ʼn bewys van sy aanhangers se stoere ondersteuning.

Darren se jongste uitreiking, “Blok party”, het gesorg vir sy jongste prestasie: Sy musiek is 120 miljoen keer gestroom op digitale platforms soos Spotify, Deezer, Apple Music en YouTube.

“Die terugvoer wat ek oor ‘Blok party’ kry, is ongelooflik,” vertel hy in Maroela Media se ateljee. Dié liedjie is sowat ʼn week gelede uitgereik en het reeds al wat ʼn treffersparade gehaal. Dit het ook sy stromingsyfers tot 120 miljoen opgestoot.

“My musiek het ongelooflike ondersteuning ontvang deur die jare vandat stromingsdienste bestaan. Nadat CD’s verdwyn het, is die stromingsplatforms al wat ons as kunstenaars het en ek is dankbaar vir almal wat my musiek luister en aflaai.”

Ná 26 jaar is dit duidelik dat nie hy of sy aanhangers moeg is vir ʼn egte Kurt Darren-treffer nie. “Ek wil altyd relevant bly en is nog glad nie naby daaraan om te sê ek is moeg hiervoor nie. Ek skryf nog elke week iets; ek skryf in my drome en word wakker en sing in my foon in. Ek dink as die inspirasie opdroog, sal ek dink dis tyd, maar nie nou nie.

“Die lekker ding van stroming, is dat jy nie hoef te wag vir ʼn volledige album voordat jy musiek kan uitbring nie. Soos wat ek ʼn liedjie uitdink kan ek dit opneem en uitreik.”

“Blok party” het ʼn retro wave-klank en herinner aan die sintetiese klank van groepe uit die tagtigs soos Erasure en Alphaville.

“Ons wou dit steeds ʼn moderne geur gee en ek dink ons het daarin geslaag. Mense vra my wanneer hou ek op met hierdie oorwurms, maar ek wil net aanhou om liedjies te skryf wat vreugde in mense se lewens bring.”

“Blok party” is op alle digitale platforms beskikbaar.

  • Luister bo-aan die berig na die volledige onderhoud in die Maroela Media-ateljee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chuck ·

Nou nie juis in my smaak nie, maar weereens ‘n bewys van wie & watter mark segment nog steeds die septer swaai as dit kom by ondersteuning van SA kunstenaars. Hulle EIE mense…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.