Nou en vir altyd is Retief Burger se eerste album wat net in die ateljee opgeneem is. Die album staan onder die meesterlike regie van Helmut Meijer, wat die vars klank vasgevang het wat mense gaan woorde gee waarmee hulle God met oorgawe kan aanbid.
Die nuutgeskrewe liedjies kom diep uit Retief se hart en is geskryf met net een doel: Om Jesus te eer, in elke seisoen – vir nou en vir altyd!
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om met Retief voor die bekendstelling van die album te gesels.