Luister: SA se toptalent by vanjaar se Want ons kan-konsert


David Kramer is vanjaar te sien by die Want ons kan-konsert. Foto: Carina Roux.

David Kramer is vanjaar te sien by die Want ons kan-konsert. Foto: Carina Roux.

Die Want ons kan-konsert bring die afgelope 12 jaar al van die land se toptalent bymekaar vir ʼn goeie doel en vanjaar se konsert beloof om weer die gehoor te bekoor.

David Kramer, Arno Carstens, Corlea, Zak de Priester, Wicus van der Merwe en Dowwe Dolla is maar net ʼn paar van die name wat by vanjaar se konsert te sien is.

Die projek is nie net ʼn samekoms van die uitstekende musikante en komediante nie, maar dien as geldinsamelingsprojek. Al die kunstenaars, die tegniese span en al die werkers van die projek bied hulle talent gratis aan sodat al die geld wat deur die kaartjieverkope ingesamel word direk na die begunstigdes kan gaan.

Maroela Media het met een van die organiseerders van die projek, Margit Meyer-Rödenbeck, gesels oor hoe die projek ontstaan het en wie almal vanjaar daar te sien is.  Sy vertel ook meer van vanjaar se begunstigdes.

Vanjaar se Want ons kan-konsert word op 26 Julie in die Bellville Stadskouburg aangebied. Kaartjies is beskikbaar teen R250 by Die Boer Teater. Skakel 021 979 1911 vir besprekings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.