In Oktober vanjaar het die Afrikaans is Groot-bestuur die sanger Steve Hofmeyr met ʼn toekenning vereer nadat sy jongste album goue status behaal het nog voor dit in winkels beskikbaar was. Nou – net een maand later – het dié album platinumverkope (30 000) behaal.
Hofmeyr het dié “verrassingsaankondiging”, soos hy daarna verwys, Dinsdag met aanhangers op sosiale media gedeel.
“Hehaaa! My CD, Skree, is platinum. Die mees geboikotte wit man in Afrika gaan nou ʼn vroegmôredop skink op elkeen wat hom aangeskaf het,” het hy op Twitter geskryf.
Volgens ʼn inskrywing van Afrikaans is Groot gaan dié album binnekort met dubbelplatinumstatus (60 000 albumverkope) spog.
Hofmeyr het vroeër aan Maroela Media vertel hy “is werklik dankbaar” vir die album se goeie verkope. “Daar’s ’n mooi verwagting geskep vir die album, maar dit is ook die eerste keer in vyf jaar dat ek weer bietjie komponeer en skryf aan 13 spiksplinternuwe oorspronklike lirieke,” het hy vertel.
Aanhangers is veral gaande oor die sanger se teatrale optrede by vanjaar se Afrikaans is Groot-konsertreeks. Tydens vanjaar se konsert “val” hy sowat 50 m met ʼn harnas na die verhoog voordat hy sy enkelsnit, “Feeslied”, sing.
“Ek is elke keer op my senuwees. My broek is droog, maar dit kan enige tyd verander. Die eerste vier konserte van Afrikaans is Groot was eenvoudig asembenemend. Ek het self nog nie so iets beleef nie,” het hy op Facebook laat hoor.
Die sanger is nog tot 3 Desember in dié konsertreeks te sien.
Hofmeyr se 11de boek, Die onaantasbares (The Untouchables), ʼn misdaadroman, is onlangs bekendgestel.
Jy’s n Boffin
Vat so katvis – Steve jy is die legend enige afrikaner se trots. Mal oor jou c.d. die wat dit nie het nie maak gou en kry hom dis asemrowend. Steve moet net nooit ophou sing nie asb. In hierdie donker tyd in SA is jy ‘n helder lig vir ons en kry ons weer hoop – Dankie
So bly, jy verdien dit. Jy mag maar. Een van ons beste Sangers.
Dit wys jou net …. hy kom altyd net n “boom bang”…. keep going jou doring
Hoe maak mens
SO MAAK MENS
?
Jy bly maar ‘n yster, Steve! Jou talent (op talle vlakke) is onmiskenbaar. So ook die waardes waarvoor jy dapper genoeg is om op te staan, al is dit soms alleen. JY STAAN TEN MINSTE VIR DINGE WAT IETS WERD IS. Daarom dat jy steeds groot sukses behaal ten spyte van al die boikotte. Doen so hoort, asseblief! Jy is ‘n vars asem in ‘n verrotte wêreld.
Stem 100% saam met jou! Cheers Steve!
? Tops Steve?
Ag Susan gun die man sy plesiertjie. Daar is ander mense wat ook so vroeg n dop gooi maar omdat hy Steve Hofmeyr is dit n probleem. Dankie Steve iets om in my Kerskous te plaas.
susan jys net “jealous”, steve kan maar
Ag ou koekie …dit is ‘n spesiale geleentheid. Dis gewoonlik julle wat maak of julle niks verkeerds doen nie, wat die meeste geraamtes in die kas het. Gooi met klippe as jy sonder sonde is. LOS DIE MAN UIT. Ons Afrikaners kan te gou kritiseer .. los ander mense uit .. !
Baie geluk Steve!
Steve vir President!!!!! laat die haters maar haat – ons is trots op jou Steve.
Geluk Steve!! Hou ons Afrikaans hoog!!
…… het net vir ‘n oomblik gedink hy word weer pa….. ;-)
Enjoy!
Sê gewoonlik dankie dmv gebed nie drank
Platinumstatus was altyd 50000 kopiee verkoop sover ek weet. Mense koop seker minder CD’s deesdae.
Beste kunstenaar in Suid Afrika. Lekker Steve. Dis Bakgat.